Price range: R39.00 through R139.00

Anderkant die einde

(1 customer review)

Toe Maryna Joubert voor haar graad nege klas staan, trek een seun, Chris Greyling, haar aandag. Na haar seer egskeiding met Anton en die dood van hulle seun, Deon, het sy besluit om in Pretoria ’n nuwe toekoms te begin maar met Chris wat haar so baie aan haar oorlede seun herinner, is dit moeilik om aan te beweeg. Toe Chris egter hulp nodig het met ekstra wiskundelesse, kan sy haarself nie help nie en bied hulp aan. Hoe kan sy met ’n spook kompeteer vir sy hart? Sy is so bang om weer te misluk en weer seer te kry.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-92851-333-9 112 2020-04-07 Afrikaans N/A

Meet The Author

Toe Maryna Joubert voor haar graad nege klas staan, trek een seun, Chris Greyling, haar aandag. Na haar seer egskeiding met Anton en die dood van hulle seun, Deon, het sy besluit om in Pretoria ’n nuwe toekoms te begin maar met Chris wat haar so baie aan haar oorlede seun herinner, is dit moeilik om aan te beweeg. Toe Chris egter hulp nodig het met ekstra wiskundelesse, kan sy haarself nie help nie en bied hulp aan.
Maar Maryna en Wikus, Chris se pa, stamp koppe sommer al die eerste dag.
In die proses leer sy Wikus beter ken en verloor haar hart op hom. Maar selfs hy het ‘n seer verlede en klou nog vas aan sy oorlede vrou.
Hoe kan sy met ’n spook kompeteer vir sy hart? Sy is so bang om weer te misluk en weer seer te kry. Dis eers toe sy met Anton vrede maak, dat sy besef haar ma se woorde dat daar anderkant die einde tog ’n nuwe begin wag, waar is. Dalk, net dalk kan sy weer hoop, weer droom.

Book Type

, ,

Language

Age Group

1 review for Anderkant die einde

  1. marsdrey

    ‘n Verhaal waarmee so baie mense hulself sal kan vereenselwig. Die lewe wat gebeur met mense. Hoe wanneer jy nie iemand ken nie, jy liewer nie aannames moet maak nie, want jou aanname kan dalk net heel verkeerd wees en jou van ‘n blink toekoms beroof.

    Die seer van mense wat geliefdes verloor deur die dood. Hoe verskillende mense verlies van geliefdes verskillend hanteer.

    Die hoofkarakters in hierdie storie, is albei sterk karakters, en dit dra by tot ‘n baie interessante storielyn.

    ‘n Juffrou wat baie passievol is oor haar beroep, net die beste vir haar student wil hê, maar nooit het sy besef dat teen van hierdie student wat sy gaan help die deur tot haar toekoms geluk gaan oopsluit nie.

    Soveel opwinding wat volg. Die wip plank van hou hy van my, nee hy hou niks van my nie. Ook die ding wat so baie kere mense van hul geluk kan ontneem, trots word hier ‘n faktor.
    Die heerlike gewaarwording van verliefdheid en liefde word met al die drama wat daarmee soms gepaard gaan is ook deur Jessica uitmuntend uitgebeeld.

    Tog bevestig hierdie verhaal dat daar tweede kanse is, en dit soms jou eie besluit is of jy hierdie tweede kans met albei hande gaan aangryp of toelaat dat die gebeure van jou verlede in jou pad na geluk staan.

    ‘n Verhaal van geluk, teleurstelling, verlies, tweede kanse en hoop. So pragtige uitgebeeld deur Jessica Venter dat ek net eenvoudig nie die boek kon neersit nie.

    Dit is ‘n moet lees verhaal!

    Marsofine Krynauw

Add a review