Marlé is ’n boekvraat en sy vind haar werk as bibliotekaresse bevredigend. Toe sy die dag ’n plek benodig om een van die skrywers se boekbekendstelling te hou, kom haar jarelange vriend, Pieter, tot haar redding. Pieter se verloofde het hom voor die kansel gelos, wat hom sku maak om weer by ’n vrou betrokke te raak, maar die man besit nog al die jare haar hart, al sien hy haar nie eens raak nie.
Pieter is lank reeds bewus van die mooie Marlé wat allerhande ongehoorde gevoelens in hom aanwakker, maar hy is bang vir seerkry en dit maak hom skrikkerig om sy hart aan haar toe te vertrou. Daarom maak hy aan Marlé ’n voorstel wat hy dink hulle albei kan baat: Friends with benefits… Hy reken as hy fisiek vervuld is, sal die ewige smagting na Marlé dalk stop.Marlé aanvaar sy simpel voorstel. Friends with benefits is dalk die enigste manier hoe sy naby genoeg aan Pieter kan kom om hom te wys wat hy mis. Haar vriendin, Klaradyn, se waarskuwing dat so ’n eensydige liefdesverhouding net hartseer tot gevolg gaan hê, val op dowe ore. Marlé plaas haar hart op die spel om Pieter te oortuig dat alle vroue nie daarop uit is om hom seer te maak nie.
Maar die hart laat hom nie voorskryf nie. Pieter se plan om nie emosioneel by Marlé betrokke te raak nie, kom hom duur te staan toe hy amper te laat besef dat liefde tóg lekker kan wees.
Anderkant die Einde (Groot Druk)
Price range: R59.00 through R179.00Na haar pynlike egskeiding en die dood van haar seun, begin Maryna Joubert ’n nuwe lewe in Pretoria. Daar ontmoet sy Chris Greyling, ’n leerder wat haar aan haar oorlede kind herinner, en sy bied hom ekstra wiskundelesse aan. Sy bots gou met Wikus, Chris se pa, maar leer hom stadig ken en haar hart vind weer hoop. Tog hou Wikus steeds vas aan sy oorlede vrou, en Maryna moet eers met haar eie verlede vrede maak voordat sy kan glo dat daar ’n nuwe begin anderkant die einde wag.

fitchetnoleen –
Eroties en opkikkerend Vir die hormone! Vriende met voordele is n Groot waagstuk. Jou hart is in gevaar.
Lekker passievolle leesstof Om jou te laat kwyl