Leesgenot 8
Price range: R89.00 through R239.00Drie uiteenlopende verhale.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Marsofine Krynauw, Gebore 5 September 1961 te Koekenaap op die rand van die Namakwaland.
Matrikuleer in 1979 aan Lutzville Hoërskool. Op 16 jarige ouderdom begin sy dig nadat sy haar Pappa skielik aan die dood afgestaan het. Op skool het sy reeds ʼn groot liefde vir poësie gehad en haar grootste liefde was RAKA van NP van Wyk Louw. Haar inspirasie is haar liefde vir die natuur as ʼn Namakwaland se blommekind en Namib woestynkind. Nadat sy in 2017 en 2018 deur ATKV vereer is met Donsie-toekennings vir haar gedigte sien haar eerste bundel Woorde wat Waai die lig. Haar tweede bundel getiteld Spore het in Maart 2022 uitgekom. Haar werk verskyn ook in verskeie gesamentlike bundels wat deur Malherbe Uitgewers publiseer is oor die laaste ses jaar.
Vir die afgelope vyf jaar is sy ook die samesteller van die Nuwe Era Groot Verseboek, 'n prestige bundel van uitgesoekte digters se werk, wat deur Malherbe Uitgewers uitgegee word.
Eersdaags word haar 36ste roman, Doolhof van Dood, deur Malherbe Uitgewers publiseer.
Dit is vir haar 'n voorreg om deur haar woorde haar hemelse Vader se liefde en genade uit te dra deur elke storie wat Hy haar gee.
Sy is tans besig om te skryf aan haar 37st roman, Bruid vir 'n Vrygesel.
Drie uiteenlopende verhale.
Hier begin sy ’n nuwe lewe met die hulp van Nadir en al sy kontakte wat hy het, wat haar help. Steeds was dit net die begin van die hel waardeur hierdie beeldskone jongvrou nog in haar lewe sou moes gaan.
Vind sy ooit vrede, word haar drome ooit waar, of vind haar familie haar voor sy nog kans kry om te lewe?
Sy het een getroue vriend wat sy gemaak het tydens haar verdwyning. Een mens wie sy kan vertrou, wat nie weet van die bestaan van Willow Logan nie. Ook n FBI Agent soos sy dit is haar bes bewaarde geheim haar eintlike beroep.
Nadat sy die grootste opdrag van haar lewe ontvang het een wat niemand anders eers sou dink om te aanvaar en uit te voer nie verander haar lewe.
Wat het in die tyd gebeur wat Willow Logan verdwyn het? Wat gebeur wanneer sy teruggaan na die plek waar sy haar bekwaam het as FBI Agent? Gaan sy ooit geluk smaak en wie is Willow Logan?
Wat lê alles tussen Mira en haar sukses as violiste?
Sal sy ooit haar droom kan verwesentlik? ‘n Droom om gehore regoor die wêreld te betower met haar pragtige vioolmusiek?
Of word dit van haar weggeruk, voor sy nog die kans gekry het?
Spore wat ons trap, spore agtergelaat, spore teen ʼn Namib rooiduin se sandspore teen die rante van Namakwalandspore oor die son, sterre en maan, spore van die liefde agtergelaat en oor sovele ander dinge wat sovele sal verstaan, spore in die nagspore in die dag spore regoor die Namib ook oor Namakwaland oor die gemsbok en die blommeprag. Al hierdie spore en meer het ek getrap, kom stap nou saam op my spore en vind dalk jou eie daar …
ie speurders verdink haar daarvan dat sy kop in een mus is met haar man, en hulle so die skuldlas wil probeer ontglip. By al die emosionele spanning met haar man se verdwyning, kom sy nog agter dat sy agtervolg word en vind later ’n afluisterapparaat in haar huis. Sy bedank haar werk en verhuis na haar ouers in Arizona om haar kinders te beveilig.
Hierdie is net die begin van Deandra Wilson se hel. Word haar man ooit gevind, lewend of dood? Hoe hanteer haar kinders hul vader se verdwyning? Sal Deandra Wilson ooit antwoorde kry op die duisende vrae wat sy en haar kinders het?
Na ‘n baie traumatiese gebeurtenis in Pascal se lewe, spits hy hom toe op baie meer as die cannabis-handel en raak gou ‘n gehate teenstander in die onderwêreld. Daar is net een probleem, hulle kry hom nie in die hande om hom te elimineer nie.
Die familie word geskud deur ‘n paar ontdekkings uit die verlede. Sal hulle dit deurstaan? Sal Pascal dit regkry om sy oom se dood te wreek en self lewend daar uit te kom?
As gevolg van verskriklike trauma wat sy opdoen, is haar skoolloopbaan ’n hel wat sy net om wens. Sy sukkel om te leer, die stemme in haar kop wil haar mal maak, en sy word geteister deur verskriklike drome. Sy dink sy het die monster van haar verlede agtergelaat, wanneer net nog verskriklike dinge met haar gebeur deur haar matriekjaar. Wanneer sy gaan studeer in Wellington, glo sy haar lewe en geluk het gedraai wanneer sy met die eerste oogopslag verlief raak op ‘n mede-Suidwester en haar kamermaat se neef. Min het sy besef dit is net die begin van nog baie hartseer, verraad en verwerping in haar lewe.
Wat gaan van Imelda Schenk word? Gaan sy ooit geluk en vrede vind? Of gaan die monsters van die verlede haar insluk?
Binne ’n jaar raak hulle verloof en trou. Dit is dan wanneer die poppe begin dans. Dokter Kiara Walker Moore verloor nie net albei haar ouers in ’n ongeluk nie, maar raak self vermis in die Chugach woud in Alaska.
Word sy ooit gevind? Word die blik wurms wat haar lewe so drasties verander het ooit oopgemaak en ontrafel?
Andreea Bartonelli word in die vroeg 1900’s in Floraans gebore met ’n besondere musiektalent, wat deur haar vader, Bruno, self ’n komponis en musiekonderwyser van vroeg af ontgin word. Sy is wel nie ’n kind wat wil begin praat nie en haar moeder, Carmen, se verwerping en kwetsende woorde mag dalk ’n groot bydrae daartoe hê.Wanneer sy ses is, verlaat haar moeder hulle sonder om haar eers te groet. Haar vader en goewernante, Emma, word haar alles. Om haar aandag van die traumatiese gebeurtenis af te lei, reël Bruno haar eerste optrede nêrens anders nie as in die La Scala, Milaan, Italië.
Die span wat op hierdie ondersoek werk is meedoënloos en bestaan uit senior advokaat Zeya Dreyer Coetzee, met haar ondervinding van haar eie ontvoering wat haar dryf; haar man, Mantie Coetzee, ʼn FBI agent wat die hel van sy vrou se ontvoering moes deurleef; en dan agent, Jade Kendrick, ʼn vrou wat vir jare die hel van verkragting deur haar vader moes deurstaan. Hierdie span, met die hulp van baie ander, sal geen steen onaangeraak laat om hul vriendin lewend te vind nie.
Wat gaan hul vind? Wie is verantwoordelik vir die verdwyning van hierdie geliefde jongvrou? Kan dit dalk vergelding wees? Gaan hulle haar kry, lewend of dood?
Nita verval in dwelms, en as dit nie vir die getroue Sofia was, die vrou wat hierdie twee kindertjies in die Kallis-huishouding versorg het, het dinge dalk nog meer skeefgeloop vir hierdie twee kinders. Sy vind hulle in ʼn woonstel in ʼn agterstraat. Honger, alleen en met geen teken van hul moeder. Sy red hul lewens deur die Mitera Sentrum vir die versorging van kinders te kontak, en te sorg dat hulle daarheen geneem word.
Dit is hier waar hulle onderskeidelik deur die Baros- en Monoupolis-egpare aangeneem word. Albei word groot in ʼn omgewing waar hul net liefde en ondersteuning kry. Maar die lewe se kurfballe vir hierdie twee kinders is nóg nie verby nie.
Hoekom is ballet en mans al die jare taboe onderwerpe vir Keisha Botha? Wie is Rose-Anne se vader? Gaan hierdie begaafde meisie die kans kry om haar droom uit te leef?
Sy stel hom voor ʼn keuse: of sy neem die projek aan, óf hul gaan in ʼn verhouding. Indien hy wil hê dat sy die projek moet doen, sal hy maar moet wag om haar die hof te maak tot nadat die projek voltooi is. Sy hou hom by hierdie werksetiek van haar. Kort daarna begin hul ʼn liefdesverhouding, wat binne ʼn maand lei tot hul troue. Ongelukkig was Erin nie bewus van Massimo se casanova lewe voor hy haar ontmoet het nie.
Hier ontspoor Erin se lewe geheel en al. Dít is waar die tweeling van liefde, haat raak …
Mantie Coetzee verklaar sy liefde aan haar. Tog blyk dit of haar drome vervul gaan word. Haar gesin en Mantie ondersteun haar en sy verruil Namakwaland vir die loopplanke van New York.
Sy behaal vinnig sukses en word DB Design Studio’s se vars nuwe gesig wat oral op advertensieborde pruik regoor New York. Haar werkgewer, Darryl Boyer, is meer as in sy skik met sy nuwe ‘wunderkind’, maar het heeltemal ander planne vir die beeldskone, onskuldige sonskyn meisie van Namakwaland.
Dit is waar alles onherroeplik begin verkeerd gaan. Zeya se drome van gister het haar byna haar lewe gekos. Sy beland in die hande van gewetenlose mensehandelaars. Gaan hulle haar lewendig vind?
Vir die beeldskone Skye Devanport het die lewe meer as die gewone onaangename verrassings ingehou.Hierdie perfekte familie, word deur owerspel, drankmisbruik en die uiterste verraad stormgeloop. Hoe gaan hierdie dogtertjie, wat in sulke ideale omstandighede gebore is, se lewe verander word deur die grootmense in haar lewe se besluite? Hoe gaan sy dit hanteer? Gaan sy bo uitkom? Watter tipe grootmens gaan sy word en hoe gaan sy haar kinders grootmaak? Gaan sy geluk vind?