Hierdie boek is baseer op ‘n ware verhaal, die name van plekke en mense is nie die ware name nie, om die vrou, wie se verhaal dit is, te beskerm. Hierdie verhaal is met haar toestemming omskryf in fiksie, omdat baie van die karakters in die verhaal steeds lewe. Daar is soveel vroue wat deur dieselfde hel as sy gegaan het en gaan en ek glo sal kan baat vind by hierdie boek.
…Imelda Schenk word op die plaas Goedgevonden, in die Gochas distrik vroeg in die vyftiger jare gebore. Sy is haar ouers, Armin en Beth, se tweede dogter. Na haar word daar nog ‘n dogtertjie gebore. Beth se moeder raak siek en sy moet dringend na haar gaan en haar babadogtertjie op die plaas agterlaat by haar skoonsuster. Terwyl sy weg is sterf baba Helga aan masels.
Dit is hier waar dinge in die Schenk-familie se lewens drasties verkeerd gaan, maar veral vir klein Imelda wat nou net so oor die drie jaar oud is.
As gevolg van verskriklike trauma wat sy opdoen, is haar skoolloopbaan ’n hel wat sy net om wens. Sy sukkel om te leer, die stemme in haar kop wil haar mal maak, en sy word geteister deur verskriklike drome. Sy dink sy het die monster van haar verlede agtergelaat, wanneer net nog verskriklike dinge met haar gebeur deur haar matriekjaar. Wanneer sy gaan studeer in Wellington, glo sy haar lewe en geluk het gedraai wanneer sy met die eerste oogopslag verlief raak op ‘n mede-Suidwester en haar kamermaat se neef. Min het sy besef dit is net die begin van nog baie hartseer, verraad en verwerping in haar lewe.
Wat gaan van Imelda Schenk word? Gaan sy ooit geluk en vrede vind? Of gaan die monsters van die verlede haar insluk?
Leila (Groot Druk)
R269.00Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Reviews
There are no reviews yet.