Zara Mitchell, is ’n supermodel en deel van die baie hegte Mitchell-gesin. Gedurende een van die fotosessies waar sy die hoofmodel is, raak Remy Hall, die fotograaf op haar verlief. Hy het ’n redelike stryd om haar te kry om hom raak te sien.
Tog sien sy hom raak en raak onherroeplik op hom verlief. Gou kom sy agter dat sy moeder glad nie bereid is om haar enigste kind met enige ander vrou te deel nie. Deur al die opdraandes, trou Zara en Remy tog.
Daar is egter ’n ander fotograaf, Liam Taylor, wat vir hierdie jongvrou baie lief geraak het, en net swyg oor sy liefde. Hy het reeds agtergekom dat Zara net een man lief het, en dit is vir Remy Hall.
Dat sy baie meer afgebyt het as wat sy kan kou, vind hierdie pragtige jongvrou vinnig uit. Wanneer hulle dogter Scarlett gebore word, raak haar moeilikheid net nog groter, omdat Remy weier dat haar ouers enigiets met sy dogter te doen het.
Zara veg deur ’n baie stormagtige huwelik, en begin skielik baie siek raak. Nadat haar ouers haar uiteindelik by ’n hospitaal besorg het, word sy gediagnoseer met breinkanker. Binne maande sterf Zara en haar familie is gebroke.
Remy Hall en Scarlett woon nie eers haar begrafnis by nie. Hy vervreem sy dogter van Zara se familie deur leuens, en is baie suksesvol daarmee tot sy universiteit toe gaan. Daar, is niemand anders as Liam Taylor haar dosent nie. Gaan Scarlett uiteindelik die waarheid oor haar moeder uitvind? Gaan sy dit regkry om haar vader, wat haar alles is, aan te vat oor al die leuens? Hoe gaan haar ontmoeting met Liam Taylor haar lewe verander?
Leila (Groot Druk)
R269.00Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Reviews
There are no reviews yet.