Dokter Kiara Walker, kliniese sielkundige, word deur haar vader, dokter Taylor Walker, bekende plastiese chirurg, aan die aantreklike senator Liam Moore voorgestel. Die jong senator word dadelik aangetrek deur die afsydigheid van Kiara Walker. Hy is daaraan gewoond dat vroue altyd oor hul voete val vir sy aandag, maar Kiara behandel hom koel en afsydig.
Sy laat hom vanuit die staanspoor verstaan dat sy glad nie beïndruk is met sy titel, die politiek of die alewige media aandag wat mense soos hy geniet nie. Liam Moore verander oornag sy taktiek, want buiten dat sy ’n baie mooi jongvrou is en goed aan sy sy gaan lyk, pas sy perfek in by sy politieke ambisies.
Binne ’n jaar raak hulle verloof en trou. Dit is dan wanneer die poppe begin dans. Dokter Kiara Walker Moore verloor nie net albei haar ouers in ’n ongeluk nie, maar raak self vermis in die Chugach woud in Alaska.
Word sy ooit gevind? Word die blik wurms wat haar lewe so drasties verander het ooit oopgemaak en ontrafel?
Leila (Groot Druk)
R269.00Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Reviews
There are no reviews yet.