Price range: R129.00 through R339.00

Suleika

(1 customer review)

Hier begin sy ’n nuwe lewe met die hulp van Nadir en al sy kontakte wat hy het, wat haar help. Steeds was dit net die begin van die hel waardeur hierdie beeldskone jongvrou nog in haar lewe sou moes gaan.
Vind sy ooit vrede, word haar drome ooit waar, of vind haar familie haar voor sy nog kans kry om te lewe?

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
978-1-99123-276-2 321 2023-06-15 Afrikaans N/A , ,

Meet The Author

Suleika, word gebore as die dogter van ’n Arabiese diktator vader en moeder, wat as vrou byna geen bestaansreg in Jemen, Saudi Arabië het nie. In haar tienerjare het sy dikwels verskille met haar vader oor die onderdrukking van vroue in hulle land. As gevolg daarvan word sy deur haar vader en ouer broer dikwels opgesluit en liggaamlik mishandel. Haar enigste ondersteuning is haar vriendin Amirah Hussein. Die twee meisies is baie naby aanmekaar en Amirah se ouers is bekeerde Christene wat ondergronds aanbid en hulle seun Nadir, en dogter Amirah, gelowig grootmaak.
Wanneer sy aan die einde van haar matriekjaar haar vader nader en by hom pleit dat hy haar moet toelaat om te gaan studeer vir onderwyseres, wil hy niks daarvan weet nie, en haal haar ambisies haar net ’n hele klomp moeilikheid op die hals. Hassan Al Yousuf gaan selfs so ver om sy dogter met die dood te dreig.
Met die hulp van Nadir en Amirah, kry sy dit reg om te ontsnap uit aanhouding nadat sy erg aangerand is deur haar broer, Omar. Sy vlug na Engeland, om daar ’n nuwe lewe te begin, want in haar eie land, is nie eers haar eie moeder bereid om vir haar op te staan nie, uit vrees vir Hassan Al Yousuf.
Hier begin sy ’n nuwe lewe met die hulp van Nadir en al sy kontakte wat hy het, wat haar help. Steeds was dit net die begin van die hel waardeur hierdie beeldskone jongvrou nog in haar lewe sou moes gaan.
Vind sy ooit vrede, word haar drome ooit waar, of vind haar familie haar voor sy nog kans kry om te lewe?

Book Type

, ,

Age Group

1 review for Suleika

  1. marthapoller

    Suleika – ’n verhaal wat jou vasgryp en nie los nie

    Marsofine Krynauw se Suleika is ’n roman wat jou van die eerste bladsy af in ’n ander wêreld intrek—’n wêreld waar tradisie, gesag en vroulike drome mekaar ongenadig bots. Dit is die verhaal van ’n jong Jemenitiese vrou wat nie net wil oorleef nie, maar wil leef. Suleika droom daarvan om ’n onderwyseres te word, maar haar pa se wil is wet, en haar broer is die hand van daardie wet. Die patriargale struktuur waarin sy vasgevang is, laat min ruimte vir haar stem—maar sy weier om stilgemaak te word.
    Die roman is nie net ’n blik op ’n verre kultuur nie; dit is ’n spieël vir elke vrou wat al moes kies tussen familieplig en selfontplooiing. Suleika se stryd is universeel: die reg om haar eie toekoms te kies, die reg om te droom sonder vrees. Haar innerlike worstelinge—tussen gehoorsaamheid en vryheid, tussen liefde en lojaliteit—word met soveel emosionele diepte uitgebeeld dat jy haar pyn en haar moed letterlik voel.
    Die karakters is kragtig en duidelik geskets. Hassan Al Yousuf, haar pa, is ’n tiran wie se woorde soos klippe val. Omar, haar broer, is die beliggaming van patriargale mag. Maar dan is daar Amirah en Jamilla—vroue wat nie net ondersteun nie, maar lig bring in die donker. Hulle herinner ons daaraan dat solidariteit tussen vroue ’n krag is wat selfs die hardste sisteme kan kraak.
    Krynauw se skryfstyl is beeldryk en eerlik. Sy gebruik beskrywings wat nie net die fisiese ruimte voorstel nie—van die huis in Jemen tot die hotel in Abu Dhabi—maar ook die emosionele landskap van haar karakters. Tonele van geweld en konflik word direk en onverbloemd aangebied, sonder om die leser te spaar. Dit is juis hierdie rou eerlikheid wat die boek so aangrypend maak.
    Die kernboodskap? Vroue se reg tot selfbeskikking. Suleika vra moeilike vrae oor godsdiens, kultuur, familie en identiteit. Dit daag die leser uit om te dink oor wat dit beteken om ’n vrou te wees in ’n wêreld wat jou wil vorm volgens sy eie patrone.
    As jy hou van stories wat jou laat voel, dink en meeleef—lees Suleika. Dis nie net ’n boek nie, dis ’n belewenis.

Add a review