Wilmarí Jooste

Wilmari Jooste het in 1997 begin skryf. Verskeie van haar boeke is deur LAPA en Tafelberg Uitgewers uitgegee. In Maart 2018 het sy besluit om voortaan eksklusief vir Malherbe Uitgewers te skryf.

Elke boek is vir Wilmarí ’n persoonlike ervaring. Sy leef haar in haar karakters in, totdat hulle soos regte mense voel. Sy lag, huil en worstel saam met hulle.

Wilmari glo dat elke mens ’n storie het. As jy fyn kyk, verby die maskers wat mense dra, sal jy dit raaksien. Nie elke storie is ’n roman nie. Nie almal het ’n gelukkige einde nie. Maar elke storie dra deernis, liefde, hartseer of trauma – emosies wat deel is van elke lewe.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hittegolf

Price range: R119.00 through R319.00

Rick het egter groter probleme as om net vir Amy te oortuig dat hulle saam ’n toekoms kan hê, want die rustigheid daar in die Karoo word ernstig bedreig deur ’n gewetenlose sindikaat wat nie gaan toelaat dat iemand in hulle duiwelspad kom, nie.
Gaan Rick en Amy al hierdie probleme kan oorbrug?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vuurspel

Price range: R109.00 through R269.00

Sal Bianca se verhouding hulle uiteenlopende persoonlikhede oorleef? Ivan, tipiese advokaat, probeer Bianca oordonder, tot so ‘n mate dat sy ‘n drastiese besluit neem. En wanneer Conrad Fourie uit aanhouding ontsnap, lyk dit asof tragedie vir beide Mia en Bianca tref. Gaan Bianca betyds wees om Ivan weer te sien, of gaan dit vir hulle albei te laat wees.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Eva en haar Adam

Price range: R89.00 through R219.00

Sy sit op ‘n hoë kroegstoeltjie, voete ligweg gekruis om die hoë hakke ten beste te vertoon en bokant dit swart sykouse met patroontjies op om die aandag op haar welgevormde bene te trek. Die swart mini is nét lank genoeg om nie heeltemal onwelvoeglik te wees nie. Die bolyf sit knus genoeg om die ronding van haar borste ‘n bietjie te lig, maar geen juwele om die aandag daarvan af te lei nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vlug of veg

Price range: R119.00 through R299.00

Opgedra aan soveel vroue wat daagliks blootgestel word aan emosionele of fisieke mishandeling, en vasgevang word in die bose kringloop daarvan.***
Hulle paaie kruis elke oggend op presies dieselfde plek, dag na dag… behalwe Sondag. Sy draf nie op Sondae nie. Sondae laat hom gefrustreerd voel; dit en die dae wat sy somtyds onverwags nié daar is nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dertien vir geluk

Price range: R99.00 through R239.00

Ek sal dol wees om jou dop te hou terwyl jy vir my dans. Ja, slim, mevrou dominee. Die idee is dat ek jou dophou. Linda loer skrams na hom. Dit sal ‘n bietjie moeilik wees. Hoekom? vra Pieter fronsend……

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 3