Die Blou Lantern is vanaand behoorlik gepak. Daar is gaste wat al die pad van Bethlehem en Clarens kom om na vanaand se vertoning kom kyk.
Toe Cariana uiteindelik op die verhoog verskyn met die kollig op haar, is dit so stil dat ‘n mens ‘n speld kan hoor val. Sy het dieselfde blou kostuum aan as waarin Rudolf haar die heel eerste keer gesien het. Mamma! Klink die opgewonde stemmetjie van klein Ettienne waar hy op Rudolf se skoot sit. Hy is ‘n jaar en vyf maande en baie glad met die bekkie. Die musiek begin polsend, meesleurend, en Cariana se slanke liggaam begin beweeg toe sy haarself optrek om in die een posisie na die ander optrek. Elkeen wat haar sien weet dat sy ‘n groot talent het vir paaldans. Toe sy uiteindelik klaar is, kry sy ‘n staande ovasie wat sy met ‘n ligte buiging erken. Rudolf hou Ettienne uit na Pieter, wat langs hom sit. Hou gou ‘n ogie asseblief? Pieter loer met ‘n vonkel in sy oë na Linda terwyl hulle na hulle oulike peetkind kyk. Hoe lyk dit, kan ek so ‘n paal in ons kamer laat installeer? fluister hy tergend. Baie oulike idee, fluister sy terug. Ek sal dol wees om jou dop te hou terwyl jy vir my dans. Ja, slim, mevrou dominee. Die idee is dat ek jou dophou. Linda loer skrams na hom. Dit sal ‘n bietjie moeilik wees. Hoekom? vra Pieter fronsend……
Skoonlief en die rockster (Toeganklike Grootdruk)
R269.00Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wêreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.

Reviews
There are no reviews yet.