Liezel Opperman se selfopgelegde lewenstaak, is om haar parapleeg suster, Kristy, te versorg, terwyl sy haar dagsorgsentrum vir gestremde kinders bestuur. Haar lewe is rustig en georden totdat die nuwe buurman, Dean Smith haar pad kruis.
Deur Dean se toedoen, leer hulle ook vir dokter Heinz Manikum ken, wat duidelik sy hart op die pragtige Kristy verloor. Die sentrum was nog altyd vir Liezel ’n veilige hawe waar sy in beheer gevoel het, maar dis hier waar die outistiese seuntjie, Neelsie, se pa, daardie veiligheid bedreig. Dean kom net betyds daar aan om haar te help.
Ten spyte van wat Neelsie se pa aan haar gedoen het, kan Liezel nie die seuntjie wegstuur nie. Dean kry dit reg om deur te dring tot Neelsie se geslote wêreldjie en hy begin met hom kommunikeer.
Alles lyk perfek, maar dan moet Dean sy gewese vrou gaan bystaan terwyl Liezel self deur ’n krisis gaan. Terwyl Dean by Lea is, is dit juis Kobus Steenkamp, die man wat haar veiligheid bedreig het, wat Liezel te hulp snel.
Gaan Liezel vir Dean vergewe omdat hy nie daar was toe sy hom nodig gehad het nie, of gaan Lea altyd tussen hulle staan?
Liefste perskedief (Grootdruk)
R309.00Anika Herbst is die sonstraal van Geluksdal – vrolik, spontaan en altyd gereed vir ‘n nuwe avontuur. Ná ‘n droomvakansie keer sy terug huis toe, net om haarself binne ure in die grootste moeilikheid denkbaar te bevind: ‘n val uit ‘n perskeboom, ‘n verstuite enkel, en ‘n onverwagte botsing met haar nuwe buurman. Jos Joubert het na Geluksdal gekom om sy verlede agter te laat. As die nuwe skoolhoof probeer hy orde in sy lewe herstel, maar niks kon hom voorberei op die vurige rooikop wat sy rustige bestaan op sy kop gaan keer nie. Tussen misverstande, skerp woordewisselings, ‘n klein seuntjie met ‘n kettie en ‘n dorp wat graag inmeng, groei daar stadig iets wat geen van hulle verwag het nie. Maar kan twee mense wat so verskillend is, leer om mekaar se harte te vertrou? Liefste Perskedief is ‘n hartroerende liefdesverhaal vol humor, warmte, tweede kanse en karakters wat jou hart sal steel.

Reviews
There are no reviews yet.