Sy sit op ‘n hoë kroegstoeltjie, voete ligweg gekruis om die hoë hakke ten beste te vertoon en bokant dit swart sykouse met patroontjies op om die aandag op haar welgevormde bene te trek. Die swart mini is nét lank genoeg om nie heeltemal onwelvoeglik te wees nie. Die bolyf sit knus genoeg om die ronding van haar borste ‘n bietjie te lig, maar geen juwele om die aandag daarvan af te lei nie.
Haar grimering is met ‘n swaar hand aangewend en onder die vals oogwimpers dartel die groen oë lewendig rond. Haar hare is pikgietswart en hang langs haar gesig verby tot onder haar skouers….
Skoonlief en die rockster (Toeganklike Grootdruk)
R269.00Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wêreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.

Reviews
There are no reviews yet.