Riccardo Caselli is in ’n ernstige geloofstryd gewikkel na die dood van sy verloofde ’n jaar gelede. Hy dink daaraan om te bedank, maar sy medeleraar – ook sy beste vriend – praat hom om om Paradys toe te gaan en in te staan vir die predikant wat in die hospitaal is na ’n hartaanval.
Teen sy sin stem Riccardo in, maar raak tog betrokke by Paradys se mense. Die mooie Berné Krige, wie se hande vir niks verkeerd staan nie, kruip sommer gou onder sy vel in. Hy loop hom ook vas in Berné se jonger suster, Jeandri, met haar bont hare, skokkende kleredrag en swak taalgebruik wat níks reg wíl doen nie.
Al word hy gewaarsku om nie betrokke te raak by Paradys se swartskaap en moeilikheidmaker nie, kom hy gou agter; onder daardie rebelse dop is ’n mens waarvan niemand in Paradys weet nie. Nadat Jeandri in ’n ongeluk was, laai Riccardo haar af by tant Fina – Paradys se kluisenaar wat predikante háát.
Kan Riccardo Vir Jeandri hervorm sodat sy aanvaarbaar sal wees vir Paradys? En sal hy tant Fina kan oortuig dat alle predikante nie dieselfde is nie?
Ferdinand se hulp word ingeroep, maar Ferdinand verloor sy hart op die beeldskone Cinelle de Groen. Hoe kan daar ooit ’n gelukkige einde wees wanneer Berné besef dat Cinelle die suster is wie sy so haat en dat sy vir Riccardo gaan verloor?
Skoonlief en die rockster (Toeganklike Grootdruk)
R269.00Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wêreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.

Reviews
There are no reviews yet.