Aurora en Kenza, twee boesemvriendinne, gaan toer deur Europa na voltooiing van hulle universiteitsopleiding. Daarna doen Aurora haar klerkskap as Forensiese Ouditeur. Nog altyd ‘n uitblinker en harde werker, slaag sy ook dit met onderskeiding. Opgewonde en gereed om haar droom te leef.
Die noodlot het egter ander planne vir hierdie baie getroue kind van God. Sy word ontvoer en sy veg verbete om te bly leef! Sal sy die grusame verkragting en aanslag op haar lewe oorleef?
Dit is hierdie nag wat haar paaie met die van Braxton Moore, ‘n jongman van Queenstown, kruis. Hierdie nag verander sy lewe soos handomkeer. Hy, ‘n man wat tot nou toe ‘n lewe van partytjies, vroumense en drank geleef het, kom tot die besef dat daar baie meer in die lewe is. ‘n Storie oor die gruwels van ons samelewing en God se groot genade vir mense. ‘n Paar jongmense wie ‘n afspraak met die toekoms gehad het, daardie nag op Spencerville Weg! ‘n Afspraak waarvan die nagevolge soos die rimpels op ‘n dam gaan bly uitkring en groter en groter raak. Wat is God se plan met hulle?
Lied van my hart
Price range: R109.00 through R319.00Olivia ontsnap ‘n donker verlede en bou ’n nuwe lewe as sangeres, waar sy onverwags haar hart aan die Skotse boer Noah verloor. Tussen familie-opposisie, groot drome en geloof ontdek Olivia ware liefde – maar kan hul verhouding die wêreld se skeptisisme, geheime en ou seer oorleef?

Reviews
There are no reviews yet.