Sybie Kleynhans kry dit weereens reg om sy lesers te boei met die verhaal van liefde, seks, verraad, moord en wraak.
Conrad Cronje verloor letterlik sy vrou, huis en werk binne een dag. Verdwaas en verbitterd loop hy met slegs ‘n rugsak, sy kitaar en ‘n ou skootrekenaar, weg van sewe getroude jare.
Sy ongelooflike kennis van diere, veral leeus, laat hom op ‘n leeuplaas beland. Maar sy verlede, as ‘n oud gevange haal hom telkens in en hy moet van werk verander.
Selfs sy romantiese lewe word verpletter, en onskuldig word hy telkens verraai.
As die pad vurk
Price range: R109.00 through R229.00Twee seuns sit langs die Vaalrivier en maak ’n bloedeed: wat ook al die lewe bring, hulle sal altyd mekaar se broers bly. Maar die lewe het ander planne. Wanneer Donald Mackay skielik sy ouers in ’n tragiese ongeluk verloor, stort sy wêreld in duie. Die familieplaas verdwyn, sy toekoms word onseker en die mense wat hy vertrou, draai teen hom. In die skadu van verlies en verraad ontdek hy egter ook iets onverwags — ’n intense liefde wat grense, ouderdom en gevaar trotseer. Terwyl geheime ontvou en geweld al nader kruip, besef Donald dat elke keuse ’n prys het. In ’n land waar die wêreld vinnig verander, staan hy voor ’n vurk in die pad: vlug van sy verlede… of veg vir alles wat van hom gesteel is. Soms verander een besluit ’n hele lewe. En soms begin die ware stryd eers wanneer die pad vurk.

Reviews
There are no reviews yet.