Twee jare lange vriendinne se droom om ‘n Karibiese bootreis mee te maak, word uiteindelik bewaarheid. Aan boord van die ‘Freedom of the Sea’ bemerk kaptein Bertollini gou die twee uitsonderlike skoonhede en nooi hulle om sy eregaste te wees met die Kapteinsbal. Ben en Koert, twee van die vrygeselgaste, het egter ook hulle oog op die twee vroue.
Marisol en Zora se droomvakansie ontaard vinnig in ’n nagmerrie tydens die Kapteinsbal toe die bemanning van die passasiersboot oorrompel en die boot beset word deur seerowers onder aanvoering van die vreeslose seerowerkaptein, Stede Bonnet. Kaptein Bertollini kan maar net magteloos toekyk hoe een van sy gaste deur Stede Bonnet na die seerowers se boot geneem word as gyselaar in ruil vir sy gaste se veiligheid.
Wat gaan die gyselaar se lot aan boord van die ‘Revenge’ tussen ’n klomp rowwe seerowers wees?
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2026
Price range: R129.00 through R329.00Nuwe Era Groot Verseboek 2026 is meer as net ‘n versameling gedigte – dit is ‘n viering van die Afrikaanse woord en die mense wat hul harte in ink durf oopskryf.
Kom stap tussen die pilare van herinnering, ontdek die krag van eerlike woorde en laat elke vers nog lank in jou eggo.
