Diamante wat fluister is ’n sielroerende spanningsroman wat jou vasgryp en nie weer loslaat nie. Sonia Mouton is ’n eensame vrou aan die vooraand van haar aftrede – moeg vir alleen wees en vatbaar vir die warm woorde van ’n man wat haar nog nooit in die oë gekyk het nie. Wanneer professor Damion Marx, ’n ryk en charismatiese argeoloog, haar uitnooi om haar lewe agter te laat vir ’n toekoms saam met hom in die hart van die Namib, begin Sonia haar tasse pak… maar is alles regtig soos dit lyk?
In Kroonville verdwyn ’n vrou spoorloos. ’n Jong konstabel begin vrae vra wat niemand anders vra nie. Hoe hou haar verdwyning verband met die geheimenisse van die woestyn en die eksotiese plaas Blinkpan?
Liefde is ‘n Kuns (Groot Druk)
Price range: R119.00 through R309.00Wanneer Lukas en Nadia oogkontak maak ontplof die universe. Wat ‘n perfekte kombinasie, die Kunsgeskiedenis professor en kuns kritikus. Omstandighede maak dit duidelik dat hulle vir mekaar gebore is. Dan gebeur die onvoorsiene, Nadia kom tot haar eie gevolgtrekking en vlug. Haar paaie kruis met die skatryk cassino eienaar, maar haar hart smag na ‘n man met ‘n donker baard. Sy moet ‘n besluit neem, Heinrich verstaan nie hoekom sy bly weifel nie. Hy verwag ‘n antwoord van haar, hy het haar lief. Wat van Lucas?
Sy sal besluit na die kunsuitstalling. Is dit wat die toekoms vir haar inhou?
Wat van Lucas? Het hy vergeet van die liefde in sy lewe?

Reviews
There are no reviews yet.