Helena Badenhorst is ‘n foto-joernalis vir Lamp en Lig. Sy ry van dorp tot dorp om foto’s van kerke van groot gemeentes te neem. Sy geniet haar werk, maar die een vraag wat om en om in haar kop maal, het eenvoudig nie ‘n antwoord nie. Haar reis word naby Wilgenhoutsdrift onderbreek. Dit pla haar dat die kerk onooglik is en die predikant haar vrae vermy. Wat het werklik met Brand Naude gebeur?
Brand Naude is ‘n predikant met ‘n verinneweerde gemoed. Hy gaan terug na Wilgenhoutsdrift toe om sin te maak uit chaos waarin hy hom bevind. Terwyl hy probeer om ‘n nuwe rigting in te slaan, verwag ‘n vriend dat hy die een mens op Wilgenhoutsdrift, wat werklik swaarkry moet help. Hoe kan hy ander in nood help as hy hom self nie eers kan help nie?
Die hartsreis van Helena Badenhorst is ‘n grondpad-reis vol duwweltjies en ontdekkings.
Glanspad ôf Stofpad
Price range: R119.00 through R299.00Anri kyk verontwaardig na die ses voet vier … en ‘n halwe duim lange man en wens sy was ’n man … ses voet výf duim lank … en met net sulke groot hande soos syne, dan sou sy hom behoorlik gefoeter het omdat hy steeds nie maniere het nie. Anri dink daaraan dat sy nie normaalweg die veglustige tipe is nie, maar as die eerste man waarop sy verlief is … en sy rol haar oë en skud haar kop … die man is ‘n buffel besluit sy, trek haar pragtige lyfie penregop en kyk uitdagend na hom…

Reviews
There are no reviews yet.