Helena Badenhorst is ‘n foto-joernalis vir Lamp en Lig. Sy ry van dorp tot dorp om foto’s van kerke van groot gemeentes te neem. Sy geniet haar werk, maar die een vraag wat om en om in haar kop maal, het eenvoudig nie ‘n antwoord nie. Haar reis word naby Wilgenhoutsdrift onderbreek. Dit pla haar dat die kerk onooglik is en die predikant haar vrae vermy. Wat het werklik met Brand Naude gebeur?
Brand Naude is ‘n predikant met ‘n verinneweerde gemoed. Hy gaan terug na Wilgenhoutsdrift toe om sin te maak uit chaos waarin hy hom bevind. Terwyl hy probeer om ‘n nuwe rigting in te slaan, verwag ‘n vriend dat hy die een mens op Wilgenhoutsdrift, wat werklik swaarkry moet help. Hoe kan hy ander in nood help as hy hom self nie eers kan help nie?
Die hartsreis van Helena Badenhorst is ‘n grondpad-reis vol duwweltjies en ontdekkings.
As liefde tuiskom (Grootdruk)
R299.00Alex Zeeman is bekend as ’n koue, ongenaakbare man wat op ander mense trap om sy doel te bereik en vroue net as afleiding gebruik.
Op pad Johannesburg toe van die Kaap af, doen hy noodgedwonge by ’n gastehuis aan. Daar moet hy tot sy skok uitvind dat die eienares iemand is wat weet wie hy is en hom baie vyandiggesind is. Vicky was Jacoba Strydom se grootmaakkind.

Reviews
There are no reviews yet.