Rita Botha vlug stad toe, weg van Adelsrust waar sy die afgelope ses maande geen vreugde geken het nie, weg van Jacobus, haar pastoor man, en die lede van sy kerk. In die stad word sy vinnig deel van Lizzie Meyer se ‘familie’. Toe die bom bars en die rede vir haar wegvlug uit Adelsrust op die voorblad van die Sondagkoerant uitbasuin word, leer Rita die waarde van vriendskap en besef sy – alle mans is nie soos Jacobus nie. Daar is ook mans soos Pieter, iemand met lag in sy oë.
Sing vir my ‘n droom
Price range: R99.00 through R199.00Amanda Visser is tevrede met haar stil lewe van studies en haar geheime skrywersdroom. Liefde is nie op haar agenda nie – tot sy Ben Calitz, die talentvolle jong sanger, een aand in ’n klub sien. Wat begin as ’n toevallige ontmoeting, word vinnig ’n intense verbintenis wat albei se wêrelde op sy kop draai.
Tussen studiesdruk, ’n kritiese ma, en die uitdagings van ’n lewe in die kollig, moet Amanda en Ben besluit: kan hulle liefde die storms van die lewe trotseer, of bly dit net ’n mooi droom?
