Die jong, onervare Leonora, wat in ‘n weeshuis groot geword het met geen familie, ouers of broers en susters nie, se voete word onder haar uitgeslaan deur die aantreklike Conrad Gericke. Natuurlik kan sy haar geluk nie glo nie, en sy trou sonder om te dink met die multimiljoenêr sakeman in sy super luukse kasteel van ’n huis.
Haar sukkelbestaan verander eensklaps in die rykste glansvrou in die stad. ’n Sportmotor, oorsese vakansies, juwele, klere en geld val in haar skoot.
Hoekom sou hy haar gekies het, sy is nie eens mooi nie, het sy baie gewonder.Maar… Conrad het sy eie planne met sy jong naïewe vroutjie. ’n Nimmereindigende reeks operasies word deel van sy plan. Plastiese chirurge, die duurste spesialiste, word haar vriende. Haar lewe draai om duur onthale, meesal om ander rykes te beïndruk. Sy word die glansvlinder van die stad.
Dan verander haar aanbiddende bewondering vir haar ryk aantreklike man in haat en vrees. Hy bied sy beeldskone vrou aan as beloning vir saketransaksies en later…Sy het nooit gedink dat sy haarself sou opoffer vir die klinkende klank van geld nie.Is sy vir ewig vasgeketting aan die mens wat Conrad van haar gemaak het, of kan sy haarself vrymaak en weer opstaan?
Stad van Goud
Price range: R109.00 through R219.00In die laat jare van die dertigste eeu, vergaan die aarde. ‘n Handjievol superintelligentes word die Kunsmatige Intelligensie van al die eeue. Hulle is onverganglik en alles oorheersend. Gus se Ouma is in beheer en goud word teen ‘n tempo van die kwynende aaarde gesteel en na ‘n onbekende planeet gestuur. Die STAD van goud word ontwikkel. Die mens se smagting en gulsigheid na rykdom sal nooit verdwyn nie. Vanaf die planeet word ruimtetuie aarde toe gestuur om die laaste goud te kom haal. Alhoewel van robotte gebruik gemaak word, stuur Ouma Klara en haar span mense terug aarde toe. Twee onsterflike wesens na die Suide en twee na die Noorde. Gus is die enigste oorlewende van die ou wêreld. As hy besef dat Ouma weg is en hy alleen sal moet oorleef, ontdek hy die rede hoekom hy onder die rug van die Draak in ‘n grot moes skuil. Hy ontdek die vewoeste aarde en heers daaroor; totdat die silwer ruimtetuig in sy omgewing land …. Maar in ’n wêreld waar mag en rykdom bepaal wie oorleef, is kennis die gevaarlikste skat van almal. Gus staan voor ’n keuse: wegkruip en oorleef … of die waarheid ontdek wat die mensdom se lot vir altyd kan verander.

Reviews
There are no reviews yet.