Die jong, onervare Leonora, wat in ‘n weeshuis groot geword het met geen familie, ouers of broers en susters nie, se voete word onder haar uitgeslaan deur die aantreklike Conrad Gericke. Natuurlik kan sy haar geluk nie glo nie, en sy trou sonder om te dink met die multimiljoenêr sakeman in sy super luukse kasteel van ’n huis.
Haar sukkelbestaan verander eensklaps in die rykste glansvrou in die stad. ’n Sportmotor, oorsese vakansies, juwele, klere en geld val in haar skoot.
Hoekom sou hy haar gekies het, sy is nie eens mooi nie, het sy baie gewonder.Maar… Conrad het sy eie planne met sy jong naïewe vroutjie. ’n Nimmereindigende reeks operasies word deel van sy plan. Plastiese chirurge, die duurste spesialiste, word haar vriende. Haar lewe draai om duur onthale, meesal om ander rykes te beïndruk. Sy word die glansvlinder van die stad.
Dan verander haar aanbiddende bewondering vir haar ryk aantreklike man in haat en vrees. Hy bied sy beeldskone vrou aan as beloning vir saketransaksies en later…Sy het nooit gedink dat sy haarself sou opoffer vir die klinkende klank van geld nie.Is sy vir ewig vasgeketting aan die mens wat Conrad van haar gemaak het, of kan sy haarself vrymaak en weer opstaan?
Liefde is ‘n Kuns (Groot Druk)
Price range: R119.00 through R309.00Wanneer Lukas en Nadia oogkontak maak ontplof die universe. Wat ‘n perfekte kombinasie, die Kunsgeskiedenis professor en kuns kritikus. Omstandighede maak dit duidelik dat hulle vir mekaar gebore is. Dan gebeur die onvoorsiene, Nadia kom tot haar eie gevolgtrekking en vlug. Haar paaie kruis met die skatryk cassino eienaar, maar haar hart smag na ‘n man met ‘n donker baard. Sy moet ‘n besluit neem, Heinrich verstaan nie hoekom sy bly weifel nie. Hy verwag ‘n antwoord van haar, hy het haar lief. Wat van Lucas?
Sy sal besluit na die kunsuitstalling. Is dit wat die toekoms vir haar inhou?
Wat van Lucas? Het hy vergeet van die liefde in sy lewe?

Reviews
There are no reviews yet.