‘n Keur uit die gedigte van Sybie Kleynhans
ek laai my stukkende drome op die rug van ‘n dwarrelwind wat hoes, kreun en sug en dronk-dans oor die velde, die bome
as daardie om en om draaiwind sy rusplek vind en hy kwyn en sterf op daardie plek sal ek nuwe drome erf dan vat ek my grou-gisters en geskeurde hart en soontoe gaan ek trek
As die pad vurk
Price range: R109.00 through R229.00Twee seuns sit langs die Vaalrivier en maak ’n bloedeed: wat ook al die lewe bring, hulle sal altyd mekaar se broers bly. Maar die lewe het ander planne. Wanneer Donald Mackay skielik sy ouers in ’n tragiese ongeluk verloor, stort sy wêreld in duie. Die familieplaas verdwyn, sy toekoms word onseker en die mense wat hy vertrou, draai teen hom. In die skadu van verlies en verraad ontdek hy egter ook iets onverwags — ’n intense liefde wat grense, ouderdom en gevaar trotseer. Terwyl geheime ontvou en geweld al nader kruip, besef Donald dat elke keuse ’n prys het. In ’n land waar die wêreld vinnig verander, staan hy voor ’n vurk in die pad: vlug van sy verlede… of veg vir alles wat van hom gesteel is. Soms verander een besluit ’n hele lewe. En soms begin die ware stryd eers wanneer die pad vurk.

Reviews
There are no reviews yet.