Eggo’s van my Hart is ’n ontbloting van die siel. Dié bundel eggo met rou emosies – van verlange tot verlies, van woede tot weerbaarheid. Elke gedig is ’n stil skreeu, ’n stukkie van ’n hart wat probeer verstaan, verwerk en heel word. In eenvoudige, eerlike taal neem die digter jou op ’n reis deur donker kamers, woedende storms, verlore liefde en die stilte ná die pyn. Tog is daar tussen die trane, ’n ligstraaltjie – ’n fluistering van hoop, ‘n klein eggo van genesing.
Slotsom
Price range: R69.00 through R189.00“Die lewe gee ons ruimte om dit te vul met gedagtes van onthou wanneer ons vereensaamd voor die oudag staan.
Maar dit gee ook aan ons die voorreg om dit te kan dit uithaal en herleef en daarom is daar geen lewe sonder betekenis nie. Jou keuses wat jy maak, bepaal jou lewe of jou lot”
Die aangrypende woorde van Heleen Malherbe wat tussen die lyne van elke bladsy vasgevang is gee hoop aan soveel ander vasgevang in die lewe se soms bose kringloop van keuses.
