Kan liefde ’n tweede kans kry wanneer die seer van die verlede nog vars is?’ Karen het lankal geleer om op haar eie te staan. Sy het haar lewe rondom haar klein seuntjie gebou en probeer om die foute van haar verlede agter haar te laat. Tot Ludolf onverwags weer in haar lewe verskyn – en alles wat sy so sorgvuldig weggesteek het, na vore kom. Ludolf het haar nooit vergewe vir wat sy jare gelede aan hom gedoen het nie. Nou het hy boonop ontdek dat hy ’n seun het van wie hy niks geweet het nie. Hy is vasbeslote om sy plek in sy kind se lewe in te neem, al beteken dit dat hy weer met Karen moet baklei. Maar hoe langer hulle gedwing word om saam te wees, hoe moeiliker word dit om die ou gevoelens te ignoreer. Soms moet ’n mens eers deur die seer van gister werk voordat die hart weer kan liefhê.
As maskers val (Grootdruk)
R289.00Toe joernalis Eloise Roos na Gansbaai gestuur word om gerugte van perlemoensmokkelary rondom die magtige sakeman Justin Hudson te ondersoek, verwag sy ’n gevaarlike storie — nie ’n man soos Matthew Hudson nie. Onder die dekmantel van ’n biografieprojek kry Eloise toegang tot die Hudson-huis, waar luuksheid, invloed en geheime agter elke glimlag skuil. Hoe langer sy daar bly, hoe moeiliker raak dit om waarheid van voorgee te onderskei. Want alles dui daarop dat iets donker onder die oppervlak broei. Terwyl haar hart haar in een rigting trek en haar instinkte in ’n ander, besef Eloise dat sy nie net ’n storie ondersoek nie — sy stap reguit in die middel van ’n web van leuens, gevaar en verborgenheid in. Wanneer maskers begin val, is die waarheid gevaarliker as wat sy ooit kon dink … en die prys daarvan dalk haar hart.

Reviews
There are no reviews yet.