Tussen Verlies en Asemhaal is nie ’n mooi storie met netjiese antwoorde nie. Dis ’n rou, eerlike reis deur geweld, verwerping, stilte, liefde, verslawing en die diep verlange om net êrens te behoort. Daniel Pretorius vertel van ’n lewe vol rondswerf, wegkruip en probeer oorleef in ’n wêreld wat hom dikwels laat voel het hy is verkeerd. Van ’n seun wat moes leer om sy eie asem terug te vind tussen trauma, geheimhouding en verlies. Dis ’n verhaal van: gebroke families, verbode liefde, Hillbrow se lig en donker, die letsels van woede, en die klein, hardnekkige hoop wat nooit heeltemal doodgaan nie. Brutaal eerlik. Soms seer, maar altyd menslik. Want selfs tussen verlies … bly ’n mens asemhaal.
In die bol gepik
Price range: R69.00 through R169.00Is ek in die bol gepik of is ek nie? Hierdie is my verhaal met sy soet, suur, bitter en seer in die lewe. Ek kan sê ek het omtrent alles al beleef. Van vyfster-hotelle tot op straat slaap. Ek was van ‘n bestuurder op die myn tot ‘n hulpbehoewende. Jare lank het ek geglo ek is normaal – as daar iets is soos ‘n normale persoon – tot ek gediagnoseer is met Bipolar. Eers nadat ek medikasie begin gebruik het, het ek besef ek het ‘n wanindruk van “normaal”.

Reviews
There are no reviews yet.