Kan liefde ’n tweede kans kry wanneer die seer van die verlede nog vars is?’ Karen het lankal geleer om op haar eie te staan. Sy het haar lewe rondom haar klein seuntjie gebou en probeer om die foute van haar verlede agter haar te laat. Tot Ludolf onverwags weer in haar lewe verskyn – en alles wat sy so sorgvuldig weggesteek het, na vore kom. Ludolf het haar nooit vergewe vir wat sy jare gelede aan hom gedoen het nie. Nou het hy boonop ontdek dat hy ’n seun het van wie hy niks geweet het nie. Hy is vasbeslote om sy plek in sy kind se lewe in te neem, al beteken dit dat hy weer met Karen moet baklei. Maar hoe langer hulle gedwing word om saam te wees, hoe moeiliker word dit om die ou gevoelens te ignoreer. Soms moet ’n mens eers deur die seer van gister werk voordat die hart weer kan liefhê.
Tussen verlies en asemhaal
Price range: R99.00 through R189.00Tussen Verlies en Asemhaal is nie ’n mooi storie met netjiese antwoorde nie. Dis ’n rou, eerlike reis deur geweld, verwerping, stilte, liefde, verslawing en die diep verlange om net êrens te behoort. Daniel Pretorius vertel van ’n lewe vol rondswerf, wegkruip en probeer oorleef in ’n wêreld wat hom dikwels laat voel het hy is verkeerd. Van ’n seun wat moes leer om sy eie asem terug te vind tussen trauma, geheimhouding en verlies. Dis ’n verhaal van: gebroke families, verbode liefde, Hillbrow se lig en donker, die letsels van woede, en die klein, hardnekkige hoop wat nooit heeltemal doodgaan nie. Brutaal eerlik. Soms seer, maar altyd menslik. Want selfs tussen verlies … bly ’n mens asemhaal.

Reviews
There are no reviews yet.