Opgedra aan soveel vroue wat daagliks blootgestel word aan emosionele of fisieke mishandeling, en vasgevang word in die bose kringloop daarvan.***
Hulle paaie kruis elke oggend op presies dieselfde plek, dag na dag… behalwe Sondag. Sy draf nie op Sondae nie. Sondae laat hom gefrustreerd voel; dit en die dae wat sy somtyds onverwags nié daar is nie.
Hulle was van die begin af bewus van mekaar en van daar af het hulle stadigaan begin uitkyk vir mekaar, veral hy vir haar omdat daar, na die dae wat hy haar nie gesien het nie, gewoonlik kneusplekke sigbaar is. Soms is dit op ‘n arm of ‘n been, selfs haar wangbeen, maar wat hom die meeste bekommer is wanneer daar nié kneusplekke was nie, maar die onsigbare nadraai van iets erger. Dis die tye wanneer sy ooglopend stadiger beweeg, en dat daar tekens van pyn op haar gesig sigbaar is as ‘n mens, soos hy, op die uitkyk is daarvoor.
Dertien vir geluk (Grootdruk)
R309.00Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Reviews
There are no reviews yet.