Juffrou Andri Roeder se bundel “Zazi” is geskryf deur Andri Roeder op 40-jarige ouderdom en is haar tweede bundel, na jarelange se ondervinding in die leer van kinders van voorskool tot graad 7. Die bundel is geskryf vir 4 tot 8 jariges.
Andri het as kind al gedroom van juffrou word en is al van kindsbeen af lief vir skryf en diere. Een van die stories in haar reeks oor Zazi is ‘n storie “Eddie die Eekhoring se verlore akker”:
Dit het begin herfs word in die dieretuin en die blare het ’n mooi donkerrooi, geel en bruin kleur begin kry. Die diere wat in die dieretuin gebly het, het daagliks kos gekry by die mense wat in die dieretuin gewerk het.“Hierdie akkers is darem maar heerlik,” het Attie die Apie vir sy maatjie Zazi gesê.
Zazi antwoord vir Attie: “Ek weet nie hoe jy van ’n akker kan hou nie, Attie, dit is vreeslik bitter.” …
Reënboë en skatte
R189.00Maak gereed vir ’n wêreld vol pret, kleur en verbeelding! Reënboë en Skatte is ’n heerlike versameling stories waar eendjies kan praat, hasies wegkruip, kryte lewe kry en sneeumanne snaakse wense het.
Elke storie is propvol avontuur, lag en klein verrassings wat jou laat wonder… wat gaan volgende gebeur? Tussen al die pret skuil daar ook kosbare skatte—lesse oor vriendskap, omgee, dapper wees en om altyd in jouself te glo.
Of jy nou self lees of saam met iemand spesiaal kuier, hierdie boek is die perfekte maatjie vir storietyd!
Kom saam op ’n kleurvolle reis… jy weet nooit watter skat jy gaan ontdek nie!

Reviews
There are no reviews yet.