Janet en Roelien gaan stap en verken die grot, terwyl Jasper draf om fiks te word vir rugby. Kieterkat vergesel hulle en binne die grot is daar ‘n skerp ammoniak reuk, asook spore… Groot katspore.
Die kinders besef nie watter avontuur vir hulle wag nie. Wie of watter dier se spore is daar in die grot? Wat doen die leeuwelpies in die grot, en die leeuwyfie? Is die kinders in lewensgevaar?
Neelsie en die geel monster
Price range: R49.00 through R149.00Kabouterland is in rep en roer vir die jaarlikse besoek van die Feëkoningin Die jaar word die fees by die rivier gehou en Neelsie hou nie van water nie. Hy glip stilletjies weg. Terwyl hy deur die woud loop op soek na sy gunsteling botterblommetjies, hoor hy ’n groot geraas. En o, gomvinger, wat sal hy sien? ’n Groot geel ding wat al die bome opvreet. Woeksie, die Wenswiksie se hulp word ingeroep. Nou los die monster die bome uit, maar hy vreet al die sand op. Willewak, ’n stout Wenswiksie kry van Woeksie se wensstof in die hande en veroorsaak nog ’n groter gemors. Gaan Kabouterland ooit weer vry wees van die geel monster?

Reviews
There are no reviews yet.