Prins William en die Affêre met die Bye is ‘n storie oor Prins William die Kalf, Chuckey die Boerbok, Donsie die Gans, Dirkie die Donkie en Struisie die Volstruis. Chuckey wil graag die nuwe inwoners op die plaas verwelkom, en sy vriende stap saam met hom. Chuckey kry ‘n blink plan om vir die volstruise ‘n geskenk te vat. Dit lei tot ‘n noue ontkoming met bye. Hulle vlug net betyds, maar arme Prins William is nie so gelukkig nie. Kom kuier saam met Chuckey en sy vriende en sien wat met Prins William gebeur. Kon hulle dit regkry om die geskenk aan die volstruise te gee, of was al die moeite tevergeefs?
Rooibos Tee
Price range: R109.00 through R239.00Daar is min dinge so troostend soos ‘n warm koppie rooibostee – eenvoudig, eg en vol genesing. Rooibos Tee – Stil oomblikke vir die siel nooi jou om vir ‘n oomblik stil te raak, diep asem te haal en weer God se vrede te ontdek.
Deur 52 inspirerende weekstukke, gevul met bemoedigende oordenkings, eerlike refleksievrae, gebede, Skrifgedeeltes en positiewe affirmasies, neem Alida de Bruyn jou op ‘n reis van herstel, selfontdekking en geloof. Hierdie boek herinner jou dat jy nie alles alleen hoef te dra nie en dat elke nuwe dag ‘n vars begin kan wees.

Reviews
There are no reviews yet.