Alex Zeeman is bekend as ’n koue, ongenaakbare man wat op ander mense trap om sy doel te bereik en vroue net as afleiding gebruik.
Op pad Johannesburg toe van die Kaap af, doen hy noodgedwonge by ’n gastehuis aan. Daar moet hy tot sy skok uitvind dat die eienares iemand is wat weet wie hy is en hom baie vyandiggesind is. Vicky was Jacoba Strydom se grootmaakkind. Alex het agt jaar gelede ’n verhouding gehad met Vicky. Sy het nie sy skatryk, snobistiese ouers se goedkeuring weggedra nie, maar Alex was vasbeslote om met haar te trou. Op pad na haar toe was hy in ’n ernstige motorongeluk en daarna ses maande lank in ’n koma. Toe hy uiteindelik herstel en na Vicky gaan soek, kon hy haar nie opspoor nie. Nou vertel Jacoba hom dat Vicky dood is, maar wat hom nog meer skok, is die inligting dat sy swanger was en die seuntjie laat aanneem het. Hulle was onder die indruk dat Alex vir Vicky net gebruik het en haar toe opsy gegooi het.
Nadat Jacoba hom vertel het dat die baba deur Trudie en Wessel Coertzen van Pretoria aangeneem is, neem Alex hom voor om die kind tot elke prys te vind.
Liefste perskedief (Grootdruk)
R309.00Anika Herbst is die sonstraal van Geluksdal – vrolik, spontaan en altyd gereed vir ‘n nuwe avontuur. Ná ‘n droomvakansie keer sy terug huis toe, net om haarself binne ure in die grootste moeilikheid denkbaar te bevind: ‘n val uit ‘n perskeboom, ‘n verstuite enkel, en ‘n onverwagte botsing met haar nuwe buurman. Jos Joubert het na Geluksdal gekom om sy verlede agter te laat. As die nuwe skoolhoof probeer hy orde in sy lewe herstel, maar niks kon hom voorberei op die vurige rooikop wat sy rustige bestaan op sy kop gaan keer nie. Tussen misverstande, skerp woordewisselings, ‘n klein seuntjie met ‘n kettie en ‘n dorp wat graag inmeng, groei daar stadig iets wat geen van hulle verwag het nie. Maar kan twee mense wat so verskillend is, leer om mekaar se harte te vertrou? Liefste Perskedief is ‘n hartroerende liefdesverhaal vol humor, warmte, tweede kanse en karakters wat jou hart sal steel.

Reviews
There are no reviews yet.