Price range: R99.00 through R259.00

‘n Nuwe Begin

(1 customer review)

Sanja Sandrucci se uittrede uit die modebedryf kom as ’n groot skok vir die wêreld, veral vir Alessandro Pisano wat haar uitsonderlike talent raakgesien het en haar klerereeks as ’n onderafdeling van sy modehuis vervaardig en bemark. Sonder enige verduideliking roep sy Milaan vaarwel en keur terug na Pretoria.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
All Ages
Clear
978-1-99123-227-4 215 2022-11-10 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

Sanja Sandrucci se uittrede uit die modebedryf kom as ’n groot skok vir die wêreld, veral vir Alessandro Pisano wat haar uitsonderlike talent raakgesien het en haar klerereeks as ’n onderafdeling van sy modehuis vervaardig en bemark. Sonder enige verduideliking roep sy Milaan vaarwel en keur terug na Pretoria.
Een Saterdagoggend is sy en Ronnie van Wyk, ’n vennoot in ’n eksklusiewe meubelvervaardigingsbedryf, toevallig saam in ʼn hysbak toe hy homself aan haar voorstel en uit die bloute sy aandele in die besigheid vir haar aanbied. Sy sien dit as ’n uitkoms uit die dilemma waarin sy haarself bevind en koop die aandele blindelings.
Louw, wat die meerderheid aandele in die besigheid besit, is glad nie ingenome met sy broer en Sanja se saketransaksie wat sonder sy medewete plaasgevind het nie. Hy is uiters agterdogtig en skepties oor haar besluit om die modebedryf vir die meubelbedryf te verruil. Sy bewys hom verkeerd deur die vertroue te wen van ’n moeilike kliënt en oortuig hom dat sy net so goed meubels kan ontwerp as klere.
Sanja is egter nie van plan om die werklike rede vir haar skielike beroepsverandering aan elkeen uit te lap nie. Maar die verlede het mos ’n manier om jou onverwags aan die hakskeen te byt. Die nuus dat daar ʼn hangende kriminele saak teen haar is, bereik wel spoedig Louw se ore, so ook dié van Alessandro Pisano.
Sy word gedwing om saam met Alessandro terug te keer na Milaan, nie net om haar eie naam te beskerm nie, maar ook om die man wat haar hart besit, se veiligheid te verseker. Gaan Louw haar betyds keer, of is hy reeds te laat om haar uit Alessandro se arms te hou?

Book Type

, ,

Language

Age Group

1 review for ‘n Nuwe Begin

  1. renevdm123

    BOEKVERSLAG deur: A Hills- Onafhanklike Resensent van Afrikaanse Boeke

    Sommer met die intrapslag, of sal ek eerder sê inleesslag?, gryp Agatha van der Merwe, die leser se verbeelding aan, met ‘n woedende Louw: “Julle het mekaar skaars ontmoet en nou is julle op pad kansel toe?” Uit die staanspoor is die twee broers , Louw en Ronnie haaks.

    Met slim taktiek en oormaat humor, skep die skrywer goeie verwarring by die leser – deur Ronnie wat sy broer onder ‘n wanindruk bring. Dan verskyn Sanja, wat Ronnie se aandele in Van Wyk Meubels oorgekoop het in die kantoor en Louw sien haar verkeerdelik aan as Ronnie se ‘verloofde.’ Daar is ‘n warboel van emosies, wanneer Ronnie hom uit die voete maak met die woorde; “Van vandag af is ek nie meer jou vennoot nie, Sanja is.” Gaan Sanja wat ‘n wêreldberoemde modeontwerper, met haar talent van ontwerp, by Van Wyk Meubels, inpas? Wanneer Sanja ‘n moeilike kliënt van Van Wyk Meubels oortuig om vir haar ‘n spesiale koffietafel sal ontwerp, gaap Louw haar aan. Dan kom hy agter wie sy is.

    Daar is egter ‘n paar vlieë in dié pot salf – Hilda, wat Sanja op ‘n slinkse wyse bedrieg het, Ciske wat nie kan aanvaar dat Louw haar nie meer liefhet nie en die aantreklike Italianer Alessandro… Wat gaan gebeur tussen Louw en Sanja wanneer vreemde dinge begin gebeur?

    Met stylvolle taalgebruik en ‘n heerlike storielyn, trek Agatha die leser binne in elke intrige. Die skrywer skep met fyn sinspeling en verdagmakery ‘n goeie balans om geloofwaardigheid aan die verhaal te gee. Sy behou hierdeur die leser aandag, skep goeie tweestryd en die ontknoping het ‘n verrassende slot.

    Dit is die perfekte leesstof vir lesers wat ‘n veelvlakkige roman geniet en waardeer.

Add a review