Trane in ‘n Kruik is ’n verhaal van liefde, verlies en die soeke na waarheid, wat afspeel tydens die Groot Depressie jare.
Die leser word ingetrek by die lewensverhaal van die tweejarige Margaret en haar ouer sibbe wat in ’n kinderhuis moes grootword. Margaret se stryd as volwassene gryp die leser aan wanneer sy haar pragtige dogtertjie moet prysgee.
Dan ontmoet die leser vir Louisa, ‘n jong meisie wat ontdek sy is aangeneem. Briewe tussen Louisa en haar biologiese ma onthul die hartseer waarheid van hul skeiding en die liefde wat nooit verdwyn het nie. Sy begin ‘n emosionele reis om kontak te maak met Margaret.
Louisa se stryd om haar identiteit en die konflikte met haar aanneemouers raak die leser diep. Kan dit lei tot hoop en versoening?
Spore van Hoop
Price range: R99.00 through R239.00Lindsey is net ’n klein dogtertjie, maar sy dra swaar laste wat geen kind ooit behoort te ken nie. In ’n woonstel vol
lawaai, drank en verwaarlosing, hou sy vas aan haar teddiebeer en haar drome van ’n beter wêreld. Sy leer gou dat
“drake” nie net in sprokies bestaan nie, maar in die vorm van mense haar kamer binnekom en haar onskuld steel. Haar ma,
vasgevang in haar eie pyn en verkeerde keuses, besef nie hoe diep die wonde is wat sy op haar kind se hart laat nie.
Maar toe Hanlie, ’n toegewyde maatskaplike werker, Lindsey raakloop, begin ’n ander pad oopgaan – een van hoop,
genesing en die moontlikheid van ’n nuwe begin. Sal liefde en beskerming uiteindelik die donkerte oorwin? Spore van
Hoop is ’n aangrypende verhaal van verwaarlosing en oorlewing, maar ook van die onverwoesbare krag van hoop en die
mense wat kies om om te gee.

marthapoller –
Baie goeie boek.