Nadat Lucinda, die dogter van Christo Frauendorf, besturende direkteur en eienaar van Frauendorf en Seun, haar verlowing verbreek met Leon-Brink Malan, wil LB niks van haar weet toe sy hom weer terug wil hê nie. LB is die aangewese persoon om die leisels by Christo oor te neem wanneer hy aftree, maar Christo glo egter vas dat LB ’n rokjagter is wat Lucinda net gebruik het om die pos te bekom. Na sy seun se noodlottige ongeluk, bied Christo die pos aan vir sy beste vriend in Frankryk se dogter. Sy sal die perfekte persoon wees om LB vir goed uit hulle lewens te kry. Buiten Jacqueline Giard se uitstekende sakevernuf, is sy self ook teleurgestel deur ’n man wat haar misbruik het om ’n deel van haar pa se sakeonderneming te probeer inpalm. LB stel nie belang in meisies wat nie intellektueel op sy vlak is nie, maar die hart laat hom nie voorskryf nie. Lientjie Steenkamp, die naïewe blondekopmeisie, slaan sy voete onder hom uit die eerste oomblik wat hy haar sien. Sy weet dadelik wie die aantreklike Adonis is, maar besluit om haar eie speletjie met hom te te speel. Ook sy loop haar rieme deeglik styf toe LB agterkom wie sy werklik is. Hy sweer wraak. Die firma verloor die een kontrak na die ander nadat hy vir die opposisie gaan werk.
Sou LB se ongetroude swanger sekretaresse die rede wees hoekom Jacqueline skielik besluit om terug te gaan Frankryk toe? Of vlug sy om ’n ander rede?
Wedloop van die Hart
Price range: R99.00 through R249.00In 1994, lank voor selfone en kitsboodskappe, kruis twee mense se paaie tydens ’n eenvoudige oggenddraf – en niks verloop weer volgens plan nie. Carlana Marais is jonk, lewenslustig en vasberade om haar eie reëls te maak, selfs al beteken dit om haar pa se streng beskerming uit te daag. Dirk Fourie is ’n man met ’n verlede wat hom hard en ongenaakbaar gemaak het, en ’n hart wat hy lankal toegesluit het. Wat begin as botsende persoonlikhede en skerp woorde, ontwikkel stadig in iets dieper – ’n wedloop tussen vrees en vertroue, pyn en genesing. Maar spoke uit Dirk se verlede en Carlana se onverskrokkenheid dreig om alles te ontspoor. Wedloop van die hart is ’n roerende liefdesverhaal oor tweede kanse, innerlike krag en die moed om weer lief te hê, selfs wanneer die hart nog bang is om te hardloop.

Reviews
There are no reviews yet.