Gevonnis tot vrede staar sy soggens oor die vlaktes soos die son sy warm hande oor die berge vou sy handpalm beskut haar woning, haar gelukshuis dis hier waar vrede geen perke het nie waar die niks beeldskoon bedags haar gedagtes binne dring.
Sy kan haarself hoor dink al raas die stilte vir niks en niemand verruil sy haar menswees… haar vrede… in haar wildste drome sou sy nooit kon dink dat sy eendag hierdie leefstyl sou beklink.
Die wind bring stemme van ver en sy geniet die geselskap, al verstaan sy nie die taal, lojaal sal sy bly teenoor die vlaktes, dit was nog goed vir haar.
Tot oneindig einde kry (Groot Druk)
R169.00Lee Boucher het alles wat sy nodig het—’n suksesvolle loopbaan as klereontwerper, ’n lewe vol kleur en vriende wat vir haar omgee. Sy hou nie van ontwrigting of ingewikkelde situasies nie. Maar toe sy letterlik in Thomas Bruwer vasloop, verander haar voorspelbare wêreld. Hy is ’n ernstige, tydbehepte boekhouer, met ’n kort humeur en ’n nog korter lont vir speelse vroumense soos sy. ’n Onbedoelde ontmoeting, ’n paar onhandige oomblikke en ’n toevallige ete saam bring hulle paaie op ’n manier bymekaar wat Lee nie kon voorsien nie. Maar Thomas laat haar voel op maniere wat sy lankal begrawe het. Hy daag haar uit, toets haar geduld en raak gevaarlik naby aan haar hart. Kan ’n man wat sy lewe volgens sy horlosie leef en ’n vrou wat dans waar die wind haar waai, mekaar regtig vind? En as hulle mekaar vind, sal hulle dapper genoeg wees om te kies vir wat regtig saak maak? Tot oneindig einde kry is ’n storie van liefde, tweede kanse en die dapper besluit om jou hart oop te maak, al is die pad vorentoe onseker.

Reviews
There are no reviews yet.