Elaine is in ‘n verhouding met Kobus, en hulle bestuur ‘n besigheid genaamd DIE KOSPOT saam. Kobus se belangstelling in hul verhouding begin afneem, veral ná Elaine die onderwerp van trou aanroer, wat spanning tussen hulle veroorsaak.
Kobus se onverskilligheid teenoor haar en sy afsydige betrokkenheid by die besigheid laat haar besef dat hul verhouding nie langer werk nie. Sy besluit om hul verhouding te beëindig, en Kobus stem in dat Elaine sy aandeel in DIE KOSPOT kan oorneem.
Elaine se lewe neem ’n interessante wending wanneer haar hartsvriendin, Sanet, haar nooi vir ‘n wel verdiende blits wegbreek see toe, waar Elaine die eienaar van die B&B en ook plaasboer ontmoet.
Daar is dadelik ‘n sterk aantrekkingskrag tussen haar en die uiters aantreklike Zack. Hulle ontwikkel ‘n diep konneksie wanneer Elaine ‘n onvergeetlike naweek saam met Zack op sy plaas deurbring.
Met haar terugkeer na realiteit, vind sy haarself by ‘n kruispad? Gee sy alles op waaraan sy al so lank bou, of moet sy die liefde, warmte en begrip wat sy by Zack ervaar met albei hande aangryp?
Tot oneindig einde kry (Groot Druk)
R169.00Lee Boucher het alles wat sy nodig het—’n suksesvolle loopbaan as klereontwerper, ’n lewe vol kleur en vriende wat vir haar omgee. Sy hou nie van ontwrigting of ingewikkelde situasies nie. Maar toe sy letterlik in Thomas Bruwer vasloop, verander haar voorspelbare wêreld. Hy is ’n ernstige, tydbehepte boekhouer, met ’n kort humeur en ’n nog korter lont vir speelse vroumense soos sy. ’n Onbedoelde ontmoeting, ’n paar onhandige oomblikke en ’n toevallige ete saam bring hulle paaie op ’n manier bymekaar wat Lee nie kon voorsien nie. Maar Thomas laat haar voel op maniere wat sy lankal begrawe het. Hy daag haar uit, toets haar geduld en raak gevaarlik naby aan haar hart. Kan ’n man wat sy lewe volgens sy horlosie leef en ’n vrou wat dans waar die wind haar waai, mekaar regtig vind? En as hulle mekaar vind, sal hulle dapper genoeg wees om te kies vir wat regtig saak maak? Tot oneindig einde kry is ’n storie van liefde, tweede kanse en die dapper besluit om jou hart oop te maak, al is die pad vorentoe onseker.

Reviews
There are no reviews yet.