’n Roman vol intriges.
Zora Serrano en Alba Romero is jare lange vriendinne wat saam groot geword het. Saam het hulle mekaar bygestaan deur die swaar en seer van die lewe. Nou is hulle albei suksesvolle besigheidsvroue.
Zora met ‘n dogter, Mira, wat ‘n briljante violiste is. Alba met ‘n dogter wat ‘n talentvolle danser is. Net soos hulle twee, verskil die persoonlikhede van hierdie twee meisies hemelsbreed. Steeds is hulle soos hul moeders, beste vriendinne.
Alhoewel Mira die gehoorsame, beginselvaste een van die twee meisies is, vrywaar dit haar nie van teleurstelling, verraad en die klappe wat die lewe uitdeel nie.
Die wilde Ayala, dans en geniet net haar lewe, al is hulle net sewentien. Hul albei se lewens word deur ‘n jongman drasties verander. So drasties dat dit nie net vir hulle raak nie, maar ook hul moeders in ‘n manier wat niemand ooit sou kon voorsien nie. Gelukkig vir Zora, ontmoet sy deur haar besigheid as eiendomsagent ‘n man, Tristan Moreno, wat haar beste vriend raak.
Wat lê alles tussen Mira en haar sukses as violiste?
Sal sy ooit haar droom kan verwesentlik? ‘n Droom om gehore regoor die wêreld te betower met haar pragtige vioolmusiek?
Of word dit van haar weggeruk, voor sy nog die kans gekry het?
Leila (Groot Druk)
R269.00Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Reviews
There are no reviews yet.