Arlene en Tony Harris se pasgebore seuntjie word uit die hospitaal gesteel. Veral Arlene sukkel om dit te verwerk.
Twee jaar later vind die FBI ’n twee jarige seuntjie wat alleen op die San Francisco hawe ronddwaal, Arlene ken hierdie seuntjie uit as hulle baba wat gesteel was.
Wanneer hierdie seun, Tyron, groter word, is al begeerte wat hy het om ‘n tjellis te word. Arlene is egter so oorbeskermend oor hom dat sy hom nie toelaat om aan enige aktiwiteite by die skool deel te neem nie. Hy kry dit egter reg om sy ouers te oorreed om tjello lesse te neem en sy musiekonderwyseres besef dadelik dat die seun ’n baie spesiale talent het.
In San Francisco voer Beth Millner dieselfde stryd met haar ouers, sy word ook nie toegelaat om aan sport of enige aktiwiteite deel te neem nie. In haar geval gaan dit nog verder, sy word gedwing om in die geheim tjello lesse te neem. Haar musiekonderwyser glo dat haar talent net te groot is om te versmaai.
Beth en haar moeder verskil dikwels en gedurende een so ’n rusie, gil Vivian Millner dinge wat Beth as twaalfjarige skok tot in haar diepste wese. Duane besef dadelik dat dit ’n gemors gaan afgee as Beth hierdie dinge glo en maak dit af as Vivian se bloedsuiker wat so laag is dat sy deurmekaar is. Beth gaan skryf egter die dinge neer, en belowe haarself om hierdie aantygings opvolg wanneer sy ouer is.
Hierdie twee kinders se lewens word deur leuens deurmekaar gekrap … Hoe hou hulle lewens verband? Sal hulle ooit die waarheid leer? Gaan hulle ooit die kans gegun word om hulle baie besonderse talent te geniet en suksesvolle tjelliste te word?
Byt van die Bloedhond
Price range: R129.00 through R319.00’n Vliegramp skeur ’n familie uitmekaar… maar die waarheid bly nie begrawe nie. Toe Aziz Fahri nog net drie jaar oud was, is hy van sy ma geskei en in pleegsorg geplaas—’n besluit wat sy lewe vir altyd sou verander. Jare later, wanneer ’n vliegtuig kort ná opstyg neerstort, word ou wonde oopgeruk en geheime begin stadig ontvou. Terwyl Aziz sy plek in die wêreld probeer vind, begin leidrade na sy verlede na vore kom—leidrade wat wys dat niks was soos dit gelyk het nie. Liefde, verraad en oorlewing vleg saam in ’n verhaal waar elke keuse ’n prys het. Wie kan jy vertrou as die mense naaste aan jou die grootste geheime dra? Byt van die Bloedhond is ’n aangrypende aksie-thriller oor verlies, identiteit en die onkeerbare krag van waarheid.

Reviews
There are no reviews yet.