Zeya Dreyer, ʼn beeldskone meisie word op Baievlei in die Namakwaland groot. Sy is deel van ʼn gesin van vier, haar vader Justin, moeder Kate en ouboet Juan. Hulle is ʼn baie hegte gesin. Alhoewel sy op Lutzville op skool is, bly Baievlei haar harts-plek.
Die Coetzee’s is die eienaars van die Algemene Handelaar op Garies, en ook vir baie jare al bevriend met die Dreyer-gesin. Mantie Coetzee is al vandat Zeya net ʼn dogtertjie was en hy al byna uit die skool, verlief op hierdie pragtige langbeen meisiekind met die besonderse persblou oë.Haar grootste droom is om eendag ʼn supermodel te word. In haar matriekjaar, skryf haar ouboet Juan haar in vir die Mejuffrou Tiener-kompetisie sonder haar medewete.
Intussen word Kate gediagnoseer met kanker. Dit tref die gesin hard. Zeya wen die Mejuffrou Tiener kompetisie. Net nadat sy haar matriekeksamen afgelê het, sterf haar moeder. Sy ontvang ʼn aanbod deur een van die beoordelaars van die kompetisie om vir ʼn modehuis in New York te gaan modelwerk doen.
Mantie Coetzee verklaar sy liefde aan haar. Tog blyk dit of haar drome vervul gaan word. Haar gesin en Mantie ondersteun haar en sy verruil Namakwaland vir die loopplanke van New York.
Sy behaal vinnig sukses en word DB Design Studio’s se vars nuwe gesig wat oral op advertensieborde pruik regoor New York. Haar werkgewer, Darryl Boyer, is meer as in sy skik met sy nuwe ‘wunderkind’, maar het heeltemal ander planne vir die beeldskone, onskuldige sonskyn meisie van Namakwaland.
Dit is waar alles onherroeplik begin verkeerd gaan. Zeya se drome van gister het haar byna haar lewe gekos. Sy beland in die hande van gewetenlose mensehandelaars. Gaan hulle haar lewendig vind?
Leila (Groot Druk)
R269.00Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Reviews
There are no reviews yet.