Dokter Constant Jentz, ‘n pas afgestudeerde dokter van Duitsland, gaan doen sy hospitaaljaar en die res van sy praktiese opleiding in Londen.Hy raak bevriend met ‘n gesellin en hulle vriendskap groei na ‘n mooi platoniese vriendskap. Nadat hy ‘n dokterskongres vir ‘n week bygewoon het, vind hy uit dat sy net verdwyn het.
Hy word gearresteer vir die moord op Lily. Gelukkig is daar ‘n ooggetuie wat kaptein Ferguson kontak en sy getuienis laat besef hulle dat Constant nie hulle man is nie.
Constant raak een van die hoofspelers in die ondersoek na een moord wat later vyf moorde word. Die motief word duidelik wanneer van die meisies se liggaamsdele gevind word; hulle is vir hul organe vermoor.
Kaptein Ferguson en sy span spook en stoei, maar die moordenaar is uitgeslape en het geen leidrade agtergelaat nie. Dit word dokter Jentz se grootste doelwit om hierdie monster vas te trek.
Dalton Coetzee, ‘n jong dokter van Suid-Afrika, kom doen haar hospitaaljaar by dieselfde hospitaal waar Constant in die Chirurgie Afdeling met pasiënte werk wat vir organe wag.
As kaptein Ferguson by Constant hoor wie Dalton se ouers is, neem die saak ‘n heel ander wending.
Word die reeksmoordenaar gevind? Wat het Dalton se ouers met die saak te doen? Die kan wurms wat hulle oopmaak is op die einde baie groter as wat hulle ooit kon verwag.
Byt van die Bloedhond
Price range: R129.00 through R319.00’n Vliegramp skeur ’n familie uitmekaar… maar die waarheid bly nie begrawe nie. Toe Aziz Fahri nog net drie jaar oud was, is hy van sy ma geskei en in pleegsorg geplaas—’n besluit wat sy lewe vir altyd sou verander. Jare later, wanneer ’n vliegtuig kort ná opstyg neerstort, word ou wonde oopgeruk en geheime begin stadig ontvou. Terwyl Aziz sy plek in die wêreld probeer vind, begin leidrade na sy verlede na vore kom—leidrade wat wys dat niks was soos dit gelyk het nie. Liefde, verraad en oorlewing vleg saam in ’n verhaal waar elke keuse ’n prys het. Wie kan jy vertrou as die mense naaste aan jou die grootste geheime dra? Byt van die Bloedhond is ’n aangrypende aksie-thriller oor verlies, identiteit en die onkeerbare krag van waarheid.

Reviews
There are no reviews yet.