Magdaleen weier chemobehandeling, om haar ongebore baba ’n beter kans te gee op oorlewing – die seun wat sy gedink het haar huwelik weer aanmekaar sal gom. Sy sterf toe klein Ricardo twee maande oud is.
Met ’n afwesige pa, neem die oudste dogter, Elisna, die verantwoordelikheid oor om haar twee jonger sussies en bababoetie te versorg. Met behulp van hulle jare lange huishulp kom hulle baie goed reg, totdat Andreas ’n vrou wat vir hom gewerk het gaan haal om na hulle om te sien.
Voor Andreas is sy ’n engel, agteraf kom die duiwel na vore.
Wanneer die rooikopseun Elisna waarsku om haar bababoetie van Heidi af weg te hou, begin sy ondersoek instel wat agter die slaapkamer se geslote deure aangaan. Die blou babaskoentjies, swart boek en inskrywing agterop die foto van die hand wat die blouswart roos vashou, laat Elisna besef hoe gevaarlik hierdie vrou werklik is, maar hoe kry sy haar uit hulle lewens? Haar pa wil niks verkeerd weet van Heidi nie.
Spooktrein
Price range: R99.00 through R189.00Presies een jaar nadat haar ouer suster, Lara, spoorloos by ‘n rondreisende kermis verdwyn het, keer dieselfde kermis terug na die dorpie. Vir Celine is dit meer as net ‘n toevalligheid – dit is haar laaste kans om die waarheid te ontdek.
‘n Geheimsinnige fortuinverteller, vreemde klopgeluide uit die spooktrein en ‘n jong werktuigkundige wat blykbaar meer weet as wat hy durf sê, lei Celine al dieper in ‘n wêreld van geheime tonnels, leuens en gevaar. Maar hoe nader sy aan die waarheid kom, hoe duideliker word dit dat iemand bereid is om enigiets te doen om die donker geheime van die kermis te beskerm.
Met die kermis wat binnekort weer vertrek, raak tyd haar grootste vyand. Nou moet Celine besluit hoe ver sy bereid is om te gaan om haar suster terug te bring.

Reviews
There are no reviews yet.