Magdaleen weier chemobehandeling, om haar ongebore baba ’n beter kans te gee op oorlewing – die seun wat sy gedink het haar huwelik weer aanmekaar sal gom. Sy sterf toe klein Ricardo twee maande oud is.
Met ’n afwesige pa, neem die oudste dogter, Elisna, die verantwoordelikheid oor om haar twee jonger sussies en bababoetie te versorg. Met behulp van hulle jare lange huishulp kom hulle baie goed reg, totdat Andreas ’n vrou wat vir hom gewerk het gaan haal om na hulle om te sien.
Voor Andreas is sy ’n engel, agteraf kom die duiwel na vore.
Wanneer die rooikopseun Elisna waarsku om haar bababoetie van Heidi af weg te hou, begin sy ondersoek instel wat agter die slaapkamer se geslote deure aangaan. Die blou babaskoentjies, swart boek en inskrywing agterop die foto van die hand wat die blouswart roos vashou, laat Elisna besef hoe gevaarlik hierdie vrou werklik is, maar hoe kry sy haar uit hulle lewens? Haar pa wil niks verkeerd weet van Heidi nie.
Liefde op ‘n leë doek (Groot Druk)
R169.00Marna glo nie meer in maklike geluk nie. Sy leef van tydelike werkies en hou haar ware passie – skilder – veilig agter toe deure. Tot ’n verkeerde eerste indruk haar pad kruis met die aantreklike en geheimsinnige advokaat, Hanno Weideman. Wat begin as ’n ongemaklike misverstand, ontbrand gou in ’n spel van skerp woorde, geheime bewondering en onverklaarbare aantrekkingskrag. Maar wanneer Marna se kunswerke onverwags in die kollig beland, en haar trots en hart albei op die spel kom, moet sy besluit: beskerm sy haarself… of waag sy alles vir liefde? Hanno is gewoond daaraan om beheer te hê – in die hof én in die lewe. Maar Marna is nie ’n saak wat hy kan wen nie. Sy is ’n uitdaging wat sy hart stadig maar seker begin oorheers. Tussen kuns, misverstande en groei ontdek hulle dat liefde soms die mooiste meesterstuk is… wanneer jy die moed het om dit te skilder.

Reviews
There are no reviews yet.