Na Anika se afsterwe, word die sewejarige Ané in die sorg van haar ongevoelige, alkoholis pa gelaat. Sy word daagliks mishandel, net kos gegee wanneer dit hom pas en haar van alle kinderlike plesier en menslike regte ontneem. Daagliks word sy in hulle bouvallige huis op die klein plattelandse dorpie, Klaasdorp, toegesluit om huishoudelike take uit te voer en soos ’n slaaf al haar pa se bevele uit te voer. David, Ané se halfbroer kry haar jammer en probeer sy bes om haar te beskerm, maar hy is self ook ’n slagoffer van Gert se buie.
Met hongerpyne wat knaag dink sy een oggend aan die lekker kos by oom Paul se kafee. Terwyl Gert by die werk is, en David by die skool, klim sy deur haar pa se kamervenster. Met haar te klein rokkie, stukkende sandale, en kneusmerke toegeverf met Anika se ou grimering, vaar sy die strate in. So vêr as wat sy loop verwonder sy haar aan die blommeprag. Kinders se skaterlag laat haar by een van die strate af drentel, sonder om aan die nagevolge te dink.
Sal David haar uit die wrede kloue van hul pa kan red, of gaan Ané sterwe aan die wonde van sy wrede uitbarsting..
Die son sak goud oor die Namib
Price range: R99.00 through R279.00‘n Spanningsverhaal
Snakkend na sy asem is hy uiteindelik tevrede. Die gat in die sagte sand is meer as kniediep, diep genoeg om die sak met geld en goud veilig te bewaar totdat hy dit weer oor ʼn paar dae, wanneer hierdie dinge vergete is, kan kom haal. Die laaste strale van die son het agter die horison verdwyn en die hemelruim is nou perspienk. Dit sal binne ʼn halfuur donker wees. Dit is 1929 in Duitswes Afrika. Hans Gunter is ’n skelm diamant-handelaar, maar vrees vir sy lewe wanneer diamante wat reeds verkoop is, wegraak.

Reviews
There are no reviews yet.