Kom stap saam deur die bladsye van hierdie boek. Ontdek die ver paaie van die verlede. Ontdek die avontuurlike paaie van die hede. Ontdek die onseker paaie van die toekoms. Kom, stap saam.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |
R59.00 – R159.00Price range: R59.00 through R159.00
Kom stap saam deur die bladsye van hierdie boek. Ontdek die ver paaie van die verlede. Ontdek die avontuurlike paaie van die hede. Ontdek die onseker paaie van die toekoms. Kom, stap saam.
Ontmoet vir Vettie. Net Vettie. ʼn Gewone seun vol lewenslus, geite en goete.
Die breinkind van Ds Kallie Fourie, afgetrede Leraar van die Baptiste Kerk.
As eerstejaar student het hy met ʼn kinderbediening in Brakpan begin – dit is hier waar Vettie “geskep” is. Hierdie verhale van Vettie het ʼn groot inslag in die kerk gehad en was hoog in aanvraag. Klein en ook veral groot, het dikwels aangedring op ʼn storie oor Vettie.
Vir die afgelope 50 jaar was verhale en dramatiese vervolgverhale oor Vettie ʼn gereelde deel van eredienste. Daar is altyd gepoog om by elke verhaal ʼn geestelike toepassing by te voeg. As u dus hierdie bundel sou opneem en lees, bid ek dat u dit sal geniet en die seën sal kan put uit die boodskap daaragter.
Kom stap saam deur die bladsye van hierdie boek. Ontdek die ver paaie van die verlede. Ontdek die avontuurlike paaie van die hede. Ontdek die onseker paaie van die toekoms. Kom, stap saam.
You must be logged in to post a review.
Bemoediging vir die stryd in ons lewens
Die reeks bestaan uit drie volumes geestelike bemoedigings wat oorspronklik spruit vanuit my eie lewenservarings. Ek is maar ‘n doodgewone man, en dit waarmee ek wroeg en hoe die Gees my daardeur lei, sal vir elke gewone mens van waarde wees om te lees. Ons almal het troos, stigting en bemoediging nodig – om te ontvang, maar ook om uit te deel.Ons almal het groei nodig. Ons almal moet geestelik fikser word.Die wedloop waaraan ons deelneem raak al hoe meer liberaal, sonder dissipline en geestelik lewensgevaarlik.
“Op ’n snikhete somersdag, as die middag traag oorgaan in die vroeë aand en daar sak ’n reënbuitjie uit om mens, dier en grond te lawe, en ek voel die koel reëndruppels op my vel, so is gebed vir my.” ’n Eenvoudige en gemaklike samestelling van die belangrikste aspekte rakende gebed, op so ’n wyse dat dit toeganklik is vir enigepersoon van 10 tot 80 jaar oud.
The miracle of Andries’ second chance on life, made me realise that I had to share our story.”
May the story of Andries touch your heart with hope and trust in God. A God of miracles even today – for your life as well.
Die wonderwerk aan Andries gegun vir ‘n tweede kans op lewe asook die geleentheid gegun om Storm se gesin by te staan het my laat besef dat ek hierdie wonderlike verhaal moet deel.
Mag Andries se verhaal jou hart aanraak met hoop en vertroue in God. ‘n God van wonderwerke selfs vandag – ook vir jou lewe.”
Hierdie oudioboek neem jou op ‘n ontdekkingsreis, wat die merkwaardige gebeure van Jesus se lewe ontbloot. Deur die tempelervaring van die twaalfjarige Jesus, sy biddende interaksie met Abba Vader en die tydperk tussen sy opstanding en hemelvaart te verken, het jy die geleentheid om groter insig in die lewe van Christus te kry. Maak gereed om geïnspireer en getransformeer te word terwyl jy dieper in die karakters en stories van Jesus se lewe delf.
Soms moet ons as vroue onsself gaan soek in die lewenswoestyn. Die vrou wy haar lewe as onderdaan aan die man en tot waar is jy bereid om vir die liefde te veg? Selfs ’n leuen probeer leef om jou man te beskerm of beskerm jy daardeur jouself?
Met die lees van Hagar het ek besef geen sirkel is of word voltooi sonder die soeke na ons eie identiteit nie en met die slot in hierdie selfondersoekende boek van Hagar kan ek saam met Hagar getuig: “My waarde, my identiteit, is nie gesetel in al hierdie aardse dinge nie.

Reviews
There are no reviews yet.