’n Dagboek vol skatte uit God se Woord.
Miskien het jy as kind ook kennis gemaak met ‘n kaleidoskoop en plat jou rug in die kaleidoskoop gekyk het – nog voor die tyd van televisie – en jou verkyk het in die verskillende vorms en kleure wat aanmekaar verander het terwyl jy die silindervormige speelding stadig in die rondte draai. Elke keer het die vorms en kleure skouspelagtig verander in nuwe asemrowende patrone en kleure.So verander ons lewe voortdurend oomblik na oomblik en dag vir dag.
‘n Kaleidoskoop is egter nutteloos sonder lig. Sonder lig sien jy net donkerte sou jy in die kaleidoskoop probeer kyk. Met lig verander dit wat jy dan sien drasties.
So vind ons lewe ‘n oneindige diepe sin, doel en betekenis as ons ons oë rig op onse Here Jesus Christus. In Johannes 8:12 vind ons hierdie wonderbaarlike uitspraak van onse Here Jesus Christus: “Ek is die lig vir die wêreld”.
So verander ons lewe voortdurend as ons deur die silinder van ons lewe deur Hom as die ligbron na ons lewe, kyk. Ons vind in Hom elke dag nuwe hoop, nuwe inspirasie, nuwe insig en nuwe uitsig – ‘n kleurvolle panorama van geloof, hoop en liefde elke dag in ons lewe.
Ook as dit nag is in jou lewe, kan jy steeds die môrester aan jou hemeltrans sien skitter wat vir jou sê: Die nag het al vêr gevorder, en dit is al amper dag.(Romeine 13:12)
Ons bid dat jy dit ook mag sien, elke keer as jy ‘n bladsy in hierdie dagboek omblaai en elke dag ‘n stukkie lees. Elke keer iets nuut vir elke dag!
The Glory of the Remnant
Price range: R129.00 through R269.00This book is the magnificent culmination of countless hours spent in the sacred secret place, where the veil between heaven and earth thins, and divine revelations pour forth like a torrent, finding their home upon the pages within. Every word, every thought, and every insight has been meticulously woven together to create a profound message a resounding call to this generation, urging them to comprehend and embrace the heart and mind of the Father for this pivotal hour in history.

Reviews
There are no reviews yet.