Melt Keller keer terug na sy pa se plaas in Namibië, onbewus van die lewensveranderende onthullings wat op hom wag. Sy pa, Markus, het intussen ’n nuwe lewe opgebou—’n nuwe vrou, ’n nuwe gesin en ’n nuwe manier van doen. Wat begin as ’n poging om sy plek in hierdie vreemde wêreld te vind, ontaard spoedig in ’n wrede spel van verraad, geheime en ontnugtering. Wanneer Melt se verlede hom inhaal en hy voor ’n onmoontlike keuse te staan kom, moet hy besluit: aanvaar hy die lewe wat vir hom beplan is, of skeur hy los en begin oor?
Volmaan oor die Vaalrivier (Grootdruk)
R309.00Tussen die Vaalrivier, wilde diere, ou wonde en nuwe liefde moet Wolf en Anneline uiteindelik besluit of hulle bereid is om alles te waag vir iets wat geen van hulle kan koop of beheer nie.
Want soms begin die grootste liefde juis waar twee mense besluit om nooit op mekaar verlief te raak nie.
Sy wou sy plaas hê. Hy wou haar nooit hê nie. Maar die liefde het ander planne gehad.
