Die drie en twintig jarige Amy bly in Gauteng en bevind haar in ʼn posisie waar sy nie langer kan bly nie. Haar bekende pa toer in Nederland en sy wend haar na die moderne tegnologie vir ʼn oplossing. Sy klik impulsief op ’n profiel met die naam Goliat. ’n Eenvoudige boodskap verander haar lewe: “Trou met my asseblief?” Wat begin as ’n ontsnapping, word gou iets dieper. Ruan, die rustige boer met ’n geheime plan, wil hê sy nuwe vrou moet hom leer ken vir wie hy is – nie vir die rykdom wat agter sy naam skuil nie. Maar twee mense uit verskillende wêrelde dra albei geheime, en die waarheid kan hul liefde bou… of vernietig. Tussen die plaas, drome en teleurstellings, ontdek Amy dat haar Goliat nie net ’n man van krag is nie, maar ook een met ’n brose hart. En dalk – net dalk – is sy sy prinses vir altyd.
Karoo Liefde (Groot Druk)
R319.00Mia de Waal se lewe stort in duie wanneer sy haar man se verraad ontdek – op dieselfde dag wat sy uitvind sy is
swanger. Met ’n gebroke hart, twee tasse en ’n bietjie kontant vlug sy na die Karoo om oor te begin. In Graaff-Reinet
waag sy dit om haar eie blommewinkel oop te maak, vasbeslote om op haar eie bene te staan en vir haar ongebore baba ’n
toekoms te skep. Herman le Roux is ’n boer met sy eie krisis. ’n Ongewone testament plaas hom voor ’n onmoontlike
keuse: trou binne ’n beperkte tyd, of verloor alles waarvoor hy en sy ouma geswoeg het. Wanneer Herman en Mia se paaie
onverwags kruis, ontstaan ’n plan wat albei se probleme kan oplos…

bothae (verified owner) –
Puik boek!
Ek kon die boek nie neersit nie. Die skrywer laat lewe die karakters en ek kon elke situasie “sien gebeur”. Definitief die moeite werd om te lees.
Kannie wag vir die volgende boek van die skrywer nie!