Leon Cornelius

Leon Cornelius woon in Centurion, voorheen bekend as Verwoerdburg, waar hy ook grootgeword het. Sy skryfwerk reflekteer minder sy kinderjare as die insigte wat hy in die grootmenswêreld opgedoen het. Hy spesialiseer in spanningsverhale, maar brei nou uit na kinderboeke.

Leon het reeds in graad een begin skryf en publiseer sedert 2018. Sy jongste boek, Die Snypoort Ridders in die Spoorweghuis, is 'n humoristiese avontuur oor die dapperheid van seuns en meisies. Ander werke sluit die Renosterspruit-reeks in.

Hy vorm graag ‘n verhouding met sy lesers en verwelkom eerlike terugvoer. Tans werk hy aan 'n kinder-geskiedenisboek wat jong lesers opnuut trots wil maak op hulle erfenis.

F.A. Venter is een van sy grootste invloede, en Leon glo dat stories ‘n kragtige manier is om kinders én volwassenes te bereik.

Author's books

Skadu van misleiding (Groot Druk)

R259.00

Wanneer Fred Swanepoel se vrou, Nadia, op ’n doodgewone oggend ontvoer word, word sy rustige lewe in Groenvlei in duie
gestort. Die polisie se spore loop dood, maar Fred se vasberadenheid groei—hy sal haar terugkry, al beteken dit hy moet
self die monsters in die skadu’s in die oë kyk. Intussen ontdek Nadia dat haar ontvoerder iemand uit haar verlede is—’n
man met ’n siek, obsessiewe liefde wat jare lank in die donker op haar gewag het. Terwyl sy veg vir haar lewe, ontrafel
’n bose netwerk van mensehandel, korrupsie en wraak…

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skadu van misleiding

Price range: R79.00 through R199.00

’n Onskuldige getroude vrou, ’n teisteraar wat van skooldae af reeds obsessief is oor haar, ’n pop genaamd Nadia, professionele ontvoerders, moord en raaiselagtigheid verweef in ’n verdraaide weergawe van liefde.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Snypoort Ridders en die Vuismuise

Price range: R59.00 through R149.00

Met poetse en planne om die Ridders weg te hou, sal Chris en sy maats mooi moet dink om nie deur die boelies uitoorlê te word nie. Hierdie boek, net soos die eerste twee in die reeks, beloof om die leser van begin tot einde geboei te hou.
Ook beskikbaar in die reeks:

Boek 1: Die Snypoort Ridders in die Spoorweghuis

Boek 2: Die Snypoort Ridders in die Wildsplaas Avontuur

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Duistere Jagtog

Price range: R39.00 through R139.00

Die Bester-gesin word ’n gulde geleentheid gebied om kosteloos op ’n Wildsplaas net buite Brits te gaan kampeer. Die raaisel verdiep toe daar ’n paar moorde gepleeg word en ’n mensehandel-sindikaat wat in die verlede deur Danie ondersoek is, moontlik iets daarmee te doen het. Danie en sy gesin word deur ’n maalkolk van raaiselagtige gebeure meegesleur. ’n Vreemde kroegman en ’n twyfelagtige karakter wat as plaasbestuurder werk skep meer vrae as antwoorde.
Hierdie boek is gevul met intrige aangevul deur moord, ontvoering en ’n goue draad van liefde en vertroue wat tot die uiterste beproef word. Sal Danie en sy gesin ongeskonde aan die anderkant uitkom?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sukkelariteit

Price range: R79.00 through R179.00

Of jy nou self in die sekuriteitsbedryf was of nie, hierdie boek is ‘n absolute moet vir diegene wat bietjie meer wil weet van hoe dinge in daardie bedryf was deur die oë van die skrywer wat dit alles deurgemaak het. Dis ‘n boek gevul met ‘n lag, ‘n traan en ook ‘n paar senutergende oomblikke.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Snypoort Ridders in die wildsplaas avontuur

Price range: R59.00 through R149.00

In hierdie tweede uitgawe in die reeks oor die manewales van die Snypoort Ridders, bevind die dapper seuns en meisies van Snypoort se eie bende, hulself weer in ’n ongemaklike situasie – hierdie keer saam in een bende.

Die Snypoort Ridders in die Wildsplaas Avontuur, beloof om die leser saam te neem op ’n heerlike, aksiebelaaide uitstappie na plekke waar die Ridders eerder moes wegbly. Die Snypoort Ridders wegbly? O nee! Nie hierdie dapper seuns en meisies nie!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die swart wittebrood

Price range: R39.00 through R109.00

Samuel en Carli kry twee maande na hul troudag, uiteindelik die geleentheid om op hulle wittebrood te gaan. Carli se oom, Neville de Vries, het onderneem om sy strandhuis in Hibberdene aan hulle beskikbaar te stel vir twee weke. Hulle was skaars by hulle bestemming, toe vreemde dinge begin gebeur. Met ontvoering, moord en ’n buite-egtelike verhouding van twintig jaar gelede as agtergrond, beloof ‘Die Swart Wittebrood’ om die leser op die punt van sy en haar stoel te hou.
Sal die pasgetroudes se huwelik die uitdagings wat oor hul pad kom oorleef? Sal húlle dit oorleef?
Vir die spanningsvraat is hierdie boek ’n móét.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vergete Verlede

Price range: R129.00 through R250.00

In hierdie boek gaan ons saam op ’n groot avontuur deur ons verlede. Ons gaan lees van Wolraad Woltemade en sy dapper perd; van Dirkie Uys wat sy pa gaan help het toe die Zoeloes hulle aanval; van die dapper kinders wat in ’n dam gespring het om hulle maats te gaan red. Daar is soveel stories van dapper grootmense, maar ook van dapper kinders. Ons kan vandag Afrikaans praat en na Afrikaanse stories luister omdat hierdie dapper mense gehelp het om ons taal te bou. ’n Taal wat so mooi is, ’n taal met die naam Afrikaans.
Kom reis saam en geniet die stories!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Renosterspruit

Price range: R129.00 through R317.00

Wat begin het as ’n reeks van drie boeke, word Renosterspruit 1, 2 en 3 na publieke aanvraag in een boek uitgegee as ’n uiters spanningsvolle reis waarop die leser getrakteer word op alles wat ’n goeie spanningsverhaal vereis.

Rudi en Janneman, twee boesemvriende, werk albei vir dieselfde  sekerheidsmaatskappy. Tydens een nagskof bevind hulle hulself by ’n  ou, spookagtige winkelsentrum. Die vreemde gebeure by die winkelsentrum loop uit op ’n  verhaal wat oor jare strek. Die twee jongelinge begin hulle avontuur as opwindingsoekers en eindig uiteindelik as volwaardige polisiebeamptes van Renosterspruit.

Met ontvoerings, moorde, vreemde karakters en ’n  misterieuse bylmoordenaar, beloof hierdie spanningsverhaal om die lesers deurentyd op die punt van hulle stoele te hou.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Snypoort Ridders

Price range: R59.00 through R149.00

Chris en sy dapper Snypoort Ridders is bang vir niks en niemand nie. Wel, tot hulle besluit om die ou verlate spoorweghuis ’n ent buite die dorp te gaan verken. Daar wag egter ’n paar verrassings op hulle. Nie net het Snypoort dapper seuns nie, maar ook ’n paar dapper meisies. Wanneer die seuns en meisies se paaie by die spoorweghuis kruis, lei dit tot groot bangmaakpret en avonture. Wie sal as wenners uit die stryd tree? Jong, julle sal die boek moet lees vir daardie antwoord!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page