In hierdie derde boek oor die manewales van die avontuurlustige Snypoort Ridders, bied Chris en sy maats aan om Snypoort se ou begraafplaas te gaan skoonmaak. Dit raak gou duidelik dat iemand glad nie van hulle plan hou nie. Nes die Ridders hulle eie vergaderplek by die ou Spoorweghuis het, maak Dean en sy twee maats, wat bekend staan as die Vuismuise, gebruik van die ou begraafplaas. Die Vuismuise is glad nie so behulpsaam en vriendelik soos die Ridders nie en kort voor lank kruis die boelies en Snypoort se jong helde se paaie in die ou begraafplaas. Sal die Vuismuise daarin slaag om die Ridders van hulle geheime plek af weg te hou, of sal Chris, Dané, Gert, Paula, Piet, Rosa en Frikkie die ou begraafplaas, en die Vuismuise se uithangplek kan skoonmaak?
Met poetse en planne om die Ridders weg te hou, sal Chris en sy maats mooi moet dink om nie deur die boelies uitoorlê te word nie. Hierdie boek, net soos die eerste twee in die reeks, beloof om die leser van begin tot einde geboei te hou.
Ook beskikbaar in die reeks:Boek 1: Die Snypoort Ridders in die Spoorweghuis Boek 2: Die Snypoort Ridders in die Wildsplaas Avontuur
Skadu van misleiding (Groot Druk)
R259.00Wanneer Fred Swanepoel se vrou, Nadia, op ’n doodgewone oggend ontvoer word, word sy rustige lewe in Groenvlei in duie
gestort. Die polisie se spore loop dood, maar Fred se vasberadenheid groei—hy sal haar terugkry, al beteken dit hy moet
self die monsters in die skadu’s in die oë kyk. Intussen ontdek Nadia dat haar ontvoerder iemand uit haar verlede is—’n
man met ’n siek, obsessiewe liefde wat jare lank in die donker op haar gewag het. Terwyl sy veg vir haar lewe, ontrafel
’n bose netwerk van mensehandel, korrupsie en wraak…

Reviews
There are no reviews yet.