Price range: R39.00 through R109.00

Die swart wittebrood

(1 customer review)

Samuel en Carli kry twee maande na hul troudag, uiteindelik die geleentheid om op hulle wittebrood te gaan. Carli se oom, Neville de Vries, het onderneem om sy strandhuis in Hibberdene aan hulle beskikbaar te stel vir twee weke. Hulle was skaars by hulle bestemming, toe vreemde dinge begin gebeur. Met ontvoering, moord en ’n buite-egtelike verhouding van twintig jaar gelede as agtergrond, beloof ‘Die Swart Wittebrood’ om die leser op die punt van sy en haar stoel te hou.
Sal die pasgetroudes se huwelik die uitdagings wat oor hul pad kom oorleef? Sal húlle dit oorleef?
Vir die spanningsvraat is hierdie boek ’n móét.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
Adult
Clear
978-1-92851-539-5 117 2021-01-06 Afrikaans N/A

Meet The Author

Samuel en Carli kry twee maande na hul troudag, uiteindelik die geleentheid om op hulle wittebrood te gaan. Carli se oom, Neville de Vries, het onderneem om sy strandhuis in Hibberdene aan hulle beskikbaar te stel vir twee weke. Hulle was skaars by hulle bestemming, toe vreemde dinge begin gebeur.
’n Rustige piekniek op die strand word deur ’n fluitende bedelaar onderbreek en die gil van ’n vrou in nood dui die begin van ’n nagmerrie aan vir die twee verliefdes. Die rustige kusdorp word ’n bedrywigheid van vele raaiselagtige gebeure met die stomme sersant Gary Conway wat sy hande vol het om antwoorde te vind.
Met ontvoering, moord en ’n buite-egtelike verhouding van twintig jaar gelede as agtergrond, beloof ‘Die Swart Wittebrood’ om die leser op die punt van sy en haar stoel te hou.
Sal die pasgetroudes se huwelik die uitdagings wat oor hul pad kom oorleef? Sal húlle dit oorleef?
Vir die spanningsvraat is hierdie boek ’n móét.
Volg die skrywer se Facebookblad, ‘Maar net Mens’ deur @Staaltjies in die soekblokkie te tik.

Book Type

, ,

Language

Age Group

1 review for Die swart wittebrood

  1. marsdrey

    Die spanning begin reeds by die puik voorblad wat aandui dat in hierdie boek die wêreld vir iemand op sy kop staan. Die titel, Die Swart Wittebrood, gee jou reeds ʼn kykie dat dinge vreeslik verkeerd gaan vir Sameul en Carli Fourie, maar glo my jy kan nie voorsien hoe verkeerd nie.

    Leon Cornelius kry dit reg deur intriges om jou op die punt van jou stoel te hou. Die rillings voortdurend langs jou ruggraat te laat afhardloop en jou so nou en dan te laat omkyk of jyself nog veilig is.

    Hy gee elke keer net genoeg inligting oor die gebeure om jou te laat gis en wonder wie die misdadiger is, en of daar dalk meer as een is. Wat die motief is en hoekom hy hierdie twee jongmense gebrandmerk het vir sy bose planne.

    Net soos jy dink, nou gaan dit begin beter raak, daar is nou uitkoms, verander die uitkoms in ʼn nog groter bedreiging.

    Leon baie geluk met ʼn puik stuk skryfwerk, wat ek vir enigiemand sal aanbeveel wat van speurverhale en intrige hou. Ek kon dit eenvoudig nie neersit nie.

    Marsofine Krynauw

Add a review