“Na wat soos ’n ewigheid voel, hoor sy uiteindelik hoe iemand met ’n sleutel aan die deur se slot karring. Dis nou of nooit, besluit sy. Sonder om te aarsel spring sy op en draf na die deur. Op daardie oomblik swaai die deur waaragter sy nou stelling ingeneem het oop, en sien sy die voete van iemand wat tot binne die kamer stap. Nadia spring van agter die deur uit, stamp die man tot op die bed en storm na buite…”
’n Onskuldige getroude vrou, ’n teisteraar wat van skooldae af reeds obsessief is oor haar, ’n pop genaamd Nadia, professionele ontvoerders, moord en raaiselagtigheid verweef in ’n verdraaide weergawe van liefde.
’n Verhaal van uithou en aanhou ten spyte van alles wat kan skeefloop. Een dag, een bose plan en een gebeurtenis wat lei tot ’n kringloop van tragedie wat oor jare strek.
‘Skadu van Misleiding’ beloof om die leser van die onskuldige begin tot by sy verrassende einde te boei.
Volg die skrywer op sy Facebookblad ‘Maar net Mens’
Skadu van misleiding (Groot Druk)
R259.00Wanneer Fred Swanepoel se vrou, Nadia, op ’n doodgewone oggend ontvoer word, word sy rustige lewe in Groenvlei in duie
gestort. Die polisie se spore loop dood, maar Fred se vasberadenheid groei—hy sal haar terugkry, al beteken dit hy moet
self die monsters in die skadu’s in die oë kyk. Intussen ontdek Nadia dat haar ontvoerder iemand uit haar verlede is—’n
man met ’n siek, obsessiewe liefde wat jare lank in die donker op haar gewag het. Terwyl sy veg vir haar lewe, ontrafel
’n bose netwerk van mensehandel, korrupsie en wraak…

Reviews
There are no reviews yet.